Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 18°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Donderdag


33°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 40%

Vrydag


27°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 60%

Saterdag


24°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 6.9mm


Humiditeit 49%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 41%

Maandag


30°C / 17°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 33%

Nuusflitse
Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog Padwoede-verhoor tot Augustus uitgestel Man sterf in ongeluk by nywerheidsonderneming SAL kanselleer vlugte na New York weens slegte weer Vrou op staproete in Llandudno beroof Nelspruit-ouma glo as seksslaaf aangehou 5 stories wat jy nie kan mis nie Valke trek 10 Nigeriërs vas Air Malaysia se webruimte binnegedring Mej. Heelal kom uit Colombia Oudsoldate van SA help in stryd teen Boko Haram Man in hof ná skietery by vulstasie in Kaapstad Kerk neem afskeid van jong dominee ná fratsongeluk ​Nigeriërs in hof ná dwelmklopjag ​Onsekerheid of lasbrief vir Zuma se seun uitgereik is ​Sir David Graaff oorlede ​Man verdrink by Coney Glen in Knysna ​Man met steekwonde vas aan boom gevind ​Japanse premier ‘sprakeloos’ ná onthoof-video ​Ruimtetuig op Mars gevind
Sport

Martin, Tian rig aandag eers op GW

Deur Gerdie Karstens Donderdag 23 Januarie 2014 21:34

Tian Meyer (links) en Martin Bezuidenhout (regs) is gister deur Griekwas se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen, in die Diamantstad verwelkom. Foto: EMILE HENDRICKS

BLOEMFONTEIN. – Superrugby is ’n langtermyn-doelwit vir Griekwas se twee nuwe ysters, Martin Bezuidenhout en Tian Meyer.

Die twee voormalige Leeus-spelers het hulle gister in Kimberley aangemeld om op onderskeidelik haker en skrumskakel aan die Poubloues diepte te verskaf.

Daar word wyd geglo dat albei bestem is om ook later vanjaar vir die Cheetahs in die Superrugby-reeks te speel. Albei het reeds vroeër in hul loopbane op daardie vlak ’n impak gemaak.

Bezuidenhout het verlede jaar nog vir die Stormers in die Super-reeks gespeel. Meyer was by die Haaie vir die Vodacombeker- en Super-reeks betrokke voordat hy vir die Curriebeker-reeks terug na die Leeus is.

Kenners meen hulle kan vir die sentrale streekspan van groot waarde wees, maar albei is van mening dat hulle hooffokus nou is om aan die Noord-Kapenaars in die komende Vodacombeker-reeks slaankrag te verleen.

Wat Super-rugby betref sal Bezuidenhout met Adriaan Strauss, Ryno Barnes, Hercu Liebenberg en AJ le Roux om die haker-posisie meeding. Plaaslik by Griekwas sal hy vir Barnes en Simon West-raadt uit die saal moet lig.

“Ek het op Griekwas besluit omdat ek meer wedstrydtyd wil kry. Om vir die Cheetahs se Super-span te speel is ’n langtermyn-doelwit.

“Ek sál later wil Super-rugby speel. Dit is wat lekker is van Griekwas en die Vrystaat. Almal is op dieselfde vlak,” het die 24-jarige Bezuidenhout, wat tot einde Oktober by die Poubloues gekontrakteer is, gesê.

Die 25-jarige Meyer is self oorgehaal om eers in die Griekwas-trui sy stempel af te druk. Hy het ’n goeie kans om wel later die Cheetahs-span te haal met Sarel Pretorius, Inus Kritzinger, Shaun Venter en Kevin Luiters wat almal poog om daardie gesogte nr. 9-trui te bekom.

“Ek gaan dit maar stappie vir stappie vat. Ek wil eers ’n impak maak hier waar ek nou is. Die fokus is eers hier en dan daar (by die Cheetahs).

“As dinge reg uitwerk sal ek graag later Super-rugby wil speel,” het Meyer gesê.

Ook hy het erken dat meer speelkans een van die groot trekpleisters was vir sy skuif na die Diamantstad.

“Hoe meer mense jou sien speel, hoe beter. Dit is nou maar hoe rugby werk. Ek is vir twee jaar by Griekwas gekontrakteer en sien uit na dit wat voorlê,” het Meyer afgesluit.