Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 10.5mm


Humiditeit 73%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 13km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 22km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 41km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
Brit onder 5 wat sterf in Afganistan-bomaanval Man gevonnis vir dubbele moord in Beaufort-Wes Mandela se dood in Desember herdenk Lewe glo te moeilik: 98-jarige skiet homself en vrou Skoon oudit vir Gautrein Nog swaar reën vir Gauteng voorspel Burgermeestersdrama in Mokopane: SAPD ontplooi Kapenaar moor glo gewese vrou in Nieu-Seeland Wladimir Poetin se bankier deur interpol gesoek Dominee spontaan toegejuig toe kerk se ligte aangaan Grapjas se optrede het Steve Hofmeyr diep seergemaak Jacob Zuma se mond gesnoer toe hy oor ANC wou praat China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie
Sport

stryd teen leeus

Cooke moet toets slaag voor oefenstryd

Deur Michael Green Dinsdag 28 Januarie 2014 9:42 nm.

Charl du Plessis

PORT ELIZABETH. – Die ervare senter Ronnie Cooke sal eers ’n fiksheidstoets moet slaag voordat hy Saterdag hier teen die Leeus kan speel.

Die Leeus en die Kings pak mekaar in ’n vriendskaplike rugbywedstryd in die Nelson Mandelabaai-stadion.

“Ronnie sukkel nog met ’n heupbesering wat hy teen die Cheetahs opgedoen het,” het Rob Kempson, die Kings se waarnemende afrigter, gesê.

Dwayne Jenner, wat sy plek as binnesenter aan Shane Gates afstaan, sal buitesenter speel as Cooke nie reg is nie.

In die enigste ander verandering aan die beginspan sal Charl du Plessis as vaskopstut in Pieter Stemmet se plek sak.

Du Plessis het verlede week se wedstryd weens ’n seer hakskeen misgeloop.

Stemmet is heeltemal uit die groep omdat Kempson hom in die voorwedstryd vir die Oostelike Provinsie-Kings wil gebruik.

“Hy vorm ’n integrale deel van die OP-Kings se span teen Despatch en ons wil hom ’n volle 80 minute speeltyd gee,” het Kempson oor Stemmet gesê.

Die OP-Kings pak die SA Gemeenskapsbeker-kampioen, Despatch, in ’n opwarmwedstryd. Op die plaasvervangersbank kry die voormalige Luiperds-haker JC Oberholzer ’n kans, aangesien Albé de Swardt met ’n ribbesering sukkel.

Brian Skosana staan reg om by Jenner oor te neem as Jenner in Cooke se plek opgeroep word.

 Kings: Shakes Soyizwapi, Sergeal Petersen, Ronnie Cooke/Dwayne Jenner, Shane Gates, Michael Killian, George Whitehead, Jaco Grobler, Devin Oosthuizen, Darron Nell (k), Paul Schoeman, Rynier Bernardo, Steven Sykes, Charl du Plessis, Dane van der Westhuyzen, BG Uys. PLAASVERVANGERS: JC Oberholzer, Lizo Gqoboka, Vukile Sofisa, Stephan Zaayman, Stephan Greeff, Thembelani Bholi, Sonwabo Majola, Dwayne Jenner/Brian Skosana, Ntabeni Dukisa.

* Kempson het ook gesê die voormalige kaptein van die Blitsbokke Mzwandile Stick sal die Oostelike Provinsie-Kings in die Vodacombeker-reeks afrig.

Kempson sal ná die Southern Kings se vriendskaplike wedstryd volgende week teen die Stormers weer op sy werk as bestuurder van die Kings se Akademie fokus.

Stick (29) het twee jaar gelede as speler uitgetree en het verlede jaar as een van die Akademie se afrigters gewerk.

Die oud-Bok Barend Pieterse sal Stick se senior hulp-afrigter wees.

Carlos Spencer sal volgens Kempson ook van tyd tot tyd sy insette by die OP-Kings lewer.