Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 29km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Dinsdag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Woensdag


23°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Welkom in groot rugby, Dane

Deur Michael Green Woensdag 29 Januarie 2014 9:01 nm.

Dane van der Westhuyzen (regs) voel nou tuis in groot rugby-geselskap ná verlede week se stryd teen die Cheetahs. Links is Albé de Swardt, nog een van die Kings se hakers. De Swardt sukkel met ’n ribbesering. Foto: DEON FERREIRA

PORT ELIZABETH. – Ná ’n rofstoei-sessie met die Springbok-haker Adriaan Strauss voel Dane van der Westhuyzen meer tuis by die Southern Kings.

Strauss het Van der Westhuyzen verlede week, toe sy Superrugby-span, die Cheetahs, hier teen die Kings gespeel het, “amptelik in groot rugby verwelkom”.

Dié voorval het vroeg in die kragmeting plaasgevind toe die Cheetahs die Kings se skrum uitmekaar laat spat het.

Strauss het Van der Westhuyzen om die nek beetgekry en het hom ’n hele rukkie lank op die gras van die Nelson Mandelabaai-stadion vasgepen.

Dit het baie toeskouers laat wonder wat die Bok-haker dan in dié intieme oomblik in sy regstreekse teenstander se oor gefluister het.

“Hy het niks gesê nie,” het Van der Westhuyzen verklap.

“Hy het my net gewurg. Ek dink dit was sy manier om my te laat verstaan dat ek nie nou met net nog ’n o.21-hakertjie te doen het nie.

“Ek dink hy wou my so ’n bietjie welkom heet in groot rugby.”

Van der Westhuyzen het verlede jaar die OP-Kings se o.21-span aangevoer en het ook ’n paar keer vir die OP-Kings se senior span uitgedraf.

Hy het ook verlede jaar in die Southern Kings se opwarmwedstryd teen die Leeus op Ellispark gespeel.

“In daardie wedstryd, asook in die meeste van die OP-Kings se wedstryde, was ek ’n plaasvervanger,” het Van der Westhuyzen vertel.

“Dis daarom dat ek so opgewonde was om verlede week teen die Cheetahs te begin.

“Ek sien ook daarna uit om Saterdag teen die Leeus te speel. ’n Ou wil jou mos maar teen die bekende spelers meet.”

’n Maand of wat gelede het die vooruitsigte vir Van der Westhuyzen maar bleek gelyk.

Hy het nie ’n kontrak gehad nie en het begin voelers uitsteek om iewers oorsee te gaan speel.

Toe die seisoen begin, het die Kings-bestuur skielik wakker geskrik en besef hy het ’n haker-tekort.

“Ek is ’n kontrak van ’n jaar aangebied en het nie gehuiwer om dit te teken nie,” het Van der Westhuyzen gesê.

“Elke afrigter dink mos maar anders oor sekere spelers,” het Rob Kempson, die Kings se waarnemende afrigter, verduidelik.

Hy het Van der Westhuyzen verlede jaar by die OP-Kings se o.21’s geslyp en toe hy die kans kry om hom te betrek, het hy dit aangryp.

* Van der Westhuyzen was in St. Andrew’s College in Grahamstad op skool.

Hy het toe vir Petone in Nieu-Seeland gaan speel en ook ses weke in die oud-All Black Murray Mexted se Rugby-akademie deurgebring.