Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


29°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 75%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Woensdag


24°C / 15°C

Wind 14km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Donderdag


22°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.6mm


Humiditeit 72%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Sport

Madibaz skok Tuks in sopnat Pretoria

Deur Cobus Claassen Maandag 10 Maart 2014 9:43 nm.

Waterpolo? Nee, Varsitybeker-rugby in Pretoria. Tythan Adams van die Madibaz (nie sigbaar nie) het pas sy span se eerste drie gedruk. Tukkies se Ryan Nell was te laat om hom te keer. Foto: Deaan Vivier

PRETORIA. – Die rugbyspan van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) het gisteraand hier die skok van die Varsitybeker-reeks gelewer toe hy Tuks met 19-9 geklop het.

Dit is die tweede agtereenvolgende week dat Tukkies in die reën op sy tuisveld vasval.

Die verdedigende kampioen sal nou volgende Maandag die Maties in Stellenbosch moet klop as hy sy plek in die halfeindstryd wil verseker.

Swaar reënbuie het voor en gedurende die wedstryd uitgesak en die wedstrydbeamptes het dit kort voor die afskop oorweeg om die kragmeting af te stel.

Hardlooprugby was nooit op die spyskaart nie. Hangskoppe was grotendeels albei spanne se vernaamste aanvalswapen.

Tythan Adams, die Madibaz se regtervleuel, het ’n puik beweging sowat tien minute voor halftyd afgerond toe hy in die hoek oorgeduik het vir sy span se eerste drie. Die besoekers het rustyd met 9-4 voorgeloop met Tuks wat tevrede moes wees met twee strafdoele deur sy losskakel, Tian Schoeman.

Roy Godfrey, die NMMU se loskopstut en kaptein, het sy span se voorsprong gerek toe hy vroeg in die tweede helfte ná volgehoue druk onder die pale oorgeval het. Die Tukkies het teen die einde moed geskep met die flank Chris Massyn wat sy span se enigste drie gedruk het.

NMMU 19 (9). Drieë: Tythan Adams, Roy Godfrey. Doelskop: Gavin Hauptfleisch. Strafdoele: Hauptfleisch (3). Tukkies 9 (4). Drie: Chris Massyn. Strafdoele: Tian Schoeman (2)

* Wits se deelname aan die Varsitybeker-reeks is ná twee seisoene verby nadat hy gister in Potchefstroom vasgeval het – ondanks ’n dapper poging teen die reeksvoorloper, berig Pieter Jordaan.

Die Witsies het ’n paar spanne vir oulaas ’n guns bewys deur die NWU-Pukke van ’n bonuspuntsege te weerhou, maar ná dié nederlaag van 8-16, sal Wits na die Varsityskild-reeks afgeskuif word. Wits kon sedert 2013 nog nie een van sy 13 wedstryde wen nie, en word deur die wenner van die Varsityskild vervang.

Dit was ’n onaanskoulike wedstryd met hopeloos te veel foute. Maar ’n halfeind tuis wag steeds op die Pukke.

NWU-Pukke 16 (8): Drieë: Jacques Vermaak, Stompie de Wet. Doelskoppe: Adriaan Engelbrecht (2). Wits 8 (0): Drie: Ruhan Nel. Doelskop: Ashlon Davids.

* Die Maties het die seisoen stadig begin, maar ’n vinnige begin tot gisteraand se wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg laat die Stellenbossers nou met ’n kans om steeds in die halfeindronde te speel, berig Pieter Jordaan.

Drie drieë voor rustyd het die Maties met die omkeerslag ’n voorsprong van 24-0 gegee. Hul rolmaalbewegings was doeltreffend en hul agttal het oorheers. Hulle het teleurgestel deur nie ’n vierde drie vir ’n bonuspunt te druk nie.

Maties 24 (24): Drieë: Jan de Klerk, Beyers de Villiers (2). Doelskoppe: Robert du Preez (3). UJ 8 (0): Drie: Van Zyl Botha. Doelskop: Marais Schmidt.

* Die Ikeys het in Kaapstad so te sê hul plek in die halfeindronde bespreek toe hulle die Shimlas met 25-5 geklop het.