Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Maandag


27°C / 11°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 77%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 29km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 63%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 23km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Donderdag


21°C / 12°C

Wind 24km/h


Reënval 1.2mm


Humiditeit 66%

Vrydag


18°C / 12°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Rugby

Griekwas lok nr. 9 van Blou Bulle

Deur Gerdie Karstens Donderdag 24 April 2014 9:43 nm.

Rudi van Rooyen

BLOEMFONTEIN. – Griekwas begin nou reeds hul skrumskakel-spens vul vir hul beoogde deelname aan die Premierliga van die Curriebeker-reeks later vanjaar.

Die Poubloues se Curriebeker-afrigter, Hawies Fourie, het bevestig dat die Noord-Kapenaars die Blou Bulle se Rudi van Rooyen na die Diamantstad gelok het.

Die 22-jarige Van Rooyen, wat op o.13- en o.18-vlak vir die Blou Bulle Cravenweek-rugby gespeel het, speel tans in die Vodacombeker-reeks vir die Ligbloues.

Hy was ook lid van die Tukkies-span wat in 2012 as die kampioen van die Varsitybeker-reeks gekroon is en het ook om die beurt vir die Blou Bulle se jong spanne uitgedraf.

“Rudi het aangedui dat hy vir ons wil speel, terwyl die Blou Bulle bevestig het hulle sal hom beskikbaar stel. Hy sal vir eers van Mei tot Oktober speel. Dit vul ons diepte lekker aan,” het Fourie gesê.

Griekwas sal breed glimlag oor Van Rooyen se koms, want dit beteken dat die Poubloues oor vier skrumskakels beskik.

Tian Meyer, Dustin Jinka en Ntando Kebe is reeds gevestig by die Poubloues, met Meyer en Jinka wat deel is van die Poubloues se 23-tal vir hul laaste groepwedstryd in die Vodacombeker-reeks, môre teen die Luiperds.

Meyer word as die eerste keuse beskou vir die komende ronde uitspeelwedstryde om Curriebeker-status.

Hy sal in Klerksdorp teen die Luiperds, wat ook in die kwalifiserende ronde Griekwas se grootste uitdaging sal wees, sy stempel wil afdruk.

* Die ervare skrumskakel Inus Kritzinger sal in maar net sy tweede wedstryd vanjaar vir die Griffons speel as hy môre in Kempton Park van die plaasvervangersbank kans kry in die Perses se laaste Vodacombeker-wedstryd, teen die Valke.

Griffons: Wynand Pienaar, Vuyo Mboto, Norman Nelson, Japie Nel, Aubrey McDonald, Franna du Toit, Oswill Nortjé, Nicky Steyn, Erik le Roux, Martin Sithole, Mlungisi Bali, Werner Lourens, Heinrich Roelfse, AJ le Roux (k), Danie van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Deon Gouws, Franco van der Merwe, Wicus Davis, Boetie Groenewald, Inus Kritzinger, Werner Griesel, Tertius Maarman.