Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 17°C

Wind 42km/h


Reënval 1.9mm


Humiditeit 65%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 6.4mm


Humiditeit 70%

Vrydag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


27°C / 17°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


25°C / 16°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Nuusflitse
China: 26 sterf in brand by steenkoolmyn IS ‘mees brutale bedreiging nog’ – Angela Merkel Steve Hofmeyr: Konsert glo R5 miljoen kwyt Man urineer in vliegtuig se gang Grypdief laat spaander met handsak, R5 000 Opgekapte lyk in Kampsbaai gevind Gedwonge verhuising staar advokate in die gesig Man ontevrede oor vroue-universiteite Seun kan nie matriek voltooi weens aanranding Boksombende help vir Blikkies met heupvervangings 'Eenhoring' kry groot belangstelling Munisipale Eskom-skuld buite beheer Eerste Italianer met Ebola ‘is stabiel’ Vermeende kaper geskiet, gewond Bomaanvalle in Nigerië eis minstens 45 Woonstelgebou stort ineen - 10 dood Pta-man skiet homself EFF-tugverslag dalk oorweeg Polisieman vas wat bewysstukke in barrakke bêre Kiesers begin stem in die Himalayas Hof bevind man is dalk ná dekades in tronk onskuldig Ferguson: Geweldpleging ná jurie besluit om polisieman nie te vervolg Don Steenkamp word weg van ander jeugdiges aangehou Julius Malema en wag in onderonsie Drie soldate in Kiëf doodgeskiet Bejaarde man vas ná hy tik smokkel Vier vas wat veiligheidsbeamptes beroof Anti-Israel groepe wil meer SA winkels boikot Sterker rand gaan petrolprys laat daal Staat se saak berus op sameswering - Dewani-advokaat O, wee ...hier kom die reën alweer Grusame vrouemoord: Bankier kan verrigtinge volg Pta-meisie hang haarself Bom by vlugbaltoernooi eis 45 Ouers verloor twee seuns in minder as 'n maand Foutiewe kragopwekker lei glo tot baba se dood Limpopo: OG het in April gewaarsku oor skolekos
Rugby

Wegner terug; Ferreira oorsee

Deur Hendrik Cronjé Dinsdag 13 Mei 2014 9:36 nm.

Carl Wegner in ’n stryd vir Stade Français. Foto: Getty Images

BLOEMFONTEIN. – Carl Wegner kom huis toe.

Die gewese slot van die Jong Bokkies sal hom reeds voor die Curriebeker-rugbyreeks by die Vrystaat-Cheetahs aansluit.

Hy vervang Andries Ferreira in die Cheetahs se groep. Ferreira gaan vir die Italiaanse klubspan Zebre speel.

Die sportagent BC du Plessis het aan Volksblad bevestig die 23-jarige Wegner sal tot einde 2015 vir die Cheetahs beskikbaar wees.

Dit beteken dat hulle in die komende Curriebeker-reeks uit slotte soos Francois Uys, Lood de Jager, Wegner en Waltie Vermeulen sal kan kies.

Uys het ook onlangs sy kontrak tot Oktober 2016 by die Cheetahs verleng.

Die veelsydige Oupa Mohoje het ook al gewys dat hy gemaklik op slot is, hoewel hy sy beste spel langs die kant van die skrum lewer.

Wegner het hom in 2012 van die Cheetahs by Stade Français aangesluit. Voor sy skuif, het hy goeie spel vir die Vrystaters gelewer en is sy besluit toe as ’n reuse-terugslag beskou.

Met slotte van gehalte soos Alexandre Flanquart, Scott LaValla, Gerhard Mostert, Pascal Papé, Anton van Zyl en Juan Cruz Guillemain het Wegner nie die wedstrydtyd by Stade Français gekry waarop hy gehoop het nie.

Hy het wel as ’n speler en ’n mens ontwikkel en sal die seun van die voormalige Vrystaatse haker, wyle Callie Wegner, met sy lengte (2.01 m) en gewig (117 kg) waardevolle diepte as ’n slot aan die Cheetahs bied.

Wegner sal Uys en De Jager terselfdertyd op hul tone hou.

Ferreira, wat sy skouer voor die Superrugby-wedstryd teen die Western Force beseer het, soek meer speelkans en hoop om dit by Zebre te kry.

Hy moes hier by die Cheetahs in die skadu van De Jager speel. Beserings het Ferreira ook verhinder om vir hom ’n gereelde plek in die Cheetahs se beginspan te bespreek.