Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Woensdag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 34km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 67%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 34km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


24°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Rugby

Hawies verbeter GW se diepte

Deur Gerdie Karstens Woensdag 21 Mei 2014 8:11 nm.

Die skrumskakel Ossie Nortjé sal die kans wil aangryp om die keurders van die Griffons reeds vandag in oefenwedstryde teen die jong spanne van die Luiperds te beïndruk. Foto: Duif du Toit | Gallo Images

BLOEMFONTEIN. – Die Vrystaat se Vodacombeker-kaptein, Niel Marais, is een van drie nuwelinge wat hulle Maandag by Griekwas in Kimberley aanmeld.

Die Poubloues se Curriebeker-afrigter, Hawies Fourie, het gister bevestig dat die Vrystaat-senter, sy spanmaat en skrumskakel Abrie Griesel en die Boland-agtsteman Conway Pretorius van begin volgende week saam met die Noord-Kapenaars vir die komende ronde kwalifiserende wedstryde gaan slyp.

Griekwas is pas ’n vyfde keer as Vodacombeker-kampioen gekroon en dit is te verstane dat die bestuurspan nie aan ’n suksesvolle groep wil torring nie.

Gevolglik word daar klem geplaas daarop om hul diepte aan te vul, eerder as om hoë-profiel spelers te bekom bloot vanweë hul beskikbaarheid.

“Ons benadering is dat ons min wil verander aan dit wat vir ons werk. Ons vul dus ons diepte aan vir wat ’n rits taai kwalifiserende wedstryde gaan wees.

“Niel, Abrie en Conway sal vir die volgende twee maande by ons kans kry, waarna ons weer hul betrokkenheid sal evalueer,” het Fourie gister gesê.

Veral Marais se koms is verblydend. Met Howard Mnisi wat nog geruime tyd by die Cheetahs betrokke kan wees, bly net Wayne Stevens, Jonathan Francke, PJ Vermeulen en Thabang Molefe in die senter-posisie oor.

“Niel het in die Vodacombeker-reeks vir die Vrystaat gewys dat hy ’n veelsydige speler is wat ook oor ’n goeie skopvoet beskik. Hy kan feitlik enige plek in die agterlyn speel,” het Fourie bygevoeg.

Pretorius se koms is ook om diepte te verskaf, aangesien hy agter Carel Greeff, Burger Schoeman en Leon Karemaker in die ry staan wat agtsteman betref.

* Die Griffons speel vandag op Orkney met twee spanne teen die Luiperds se o.21 A- en B-spanne.

Die Perstruie se afrigter, Oersond Gorgonzola, wil die kragmetings as proewe gebruik voor sy uiteindelike Curriebeker-groep bekendgemaak word.

“Ons wil ’n paar kombinasies beproef en almal speelkans gee. Ons speel op 30 Mei in Welkom ’n losmaker teen Griekwas en wil voor dan ons Curriebeker-groep bekendmaak,” het Gorgonzola gesê.

Die proefwedstryde vind om 18:00 en 19:30 plaas.

Louis VX-tal: Wynand Pienaar, Aubrey McDonald, Cameron Jacobs, Werner Griesel, Sheldon Erasmus, Louis Strydom (k), Ossie Nortjé, Nicky Steyn, Armand Koster, Martin Sithole, Mlungisi Bali, Werner Lourens, Heinrich Roelfse, Elandré Huggett, Danie van der Merwe.

Franna XV-tal: Tertius Maarman, Norman Nelson, Vuyo Mboto, Japie Nel, Alvin Brandt, Franna du Toit (k), Inus Kritzinger, Dean Rossouw, Dirk Grobbelaar, Boetie Groenewald, Mayizukiswe Ntshoko, Jan Breedt, Rudi Britz, Hannes Snyman, PW Botha. Plaasvervangers: Erik le Roux, Niell Jordaan, Colin Herbert, Brenvin Marais.