Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


28°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Maandag


27°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 78%

Dinsdag


25°C / 17°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Woensdag


24°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 67%

Donderdag


25°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Nuusflitse
Iran hang vrou wat vermeende verkragter vermoor Winter gaan swaar wees in Oekraïne, waarsku VN TB Joshua skenk begrafnisgeld TLC haal Honey Boo Boo van die lug Tweejarige sterf in Mali weens Ebola Twee vas ná Kagiso-rooftog Busongeluk in Nepal eis 14 Wapendepot van IS in Irak vernietig Polisie in New York met 'n byl aangeval Dokter vas nadat vrou op operasietafel sterf Ebola laat gesondheidswerker na Ivoorkus vlug Gasontploffing in Pole eis drie gesinslede Ebola: Japan se Clever-maatskappy skenk ‘slim’ gesigsmaskers Indië beskerm vlermuise teen vuurwerk Plaasaanval: Seun hardloop 3 km om hulp te soek Derek Swemmer verlaat Kovsies Kernkrag: SA en Rusland ontmoet in Drakensberge ‘Fotobom bom Collins-woordeboek’ Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk
Rugby

Skosana sit nou met huis in Baai, maar kontrak in George

Maandag 26 Mei 2014 8:53 nm.

Brian Skosana in aksie in die Baai toe hy nog ’n lid van die Kings was. Foto: Werner Hills

PORT ELIZABETH. – Die lewe van ’n beroepsrugbyspeler is nie altyd so wonderlik soos party mense dalk dink dit is nie.

Vra maar vir Brian Skosana, wat tot onlangs nog ’n kontrak gehad het om tot die einde van die seisoen vir die OP-Kings te speel.

Skosana het sedert verlede jaar in 19 wedstryde vir die Kings as senter of vleuel uitgedraf.

Enkele weke gelede het die Kings hul groep vir die Curriebeker-seisoen begin uitdun.

Met die koms van die Haaie-senter Tim Whitehead gaan hulle nou uit Ronnie Cooke, Dwayne Jenner, Shane Gates en Siyanda Grey kan kies. Scott van Breda kan ook ingespan word.

Waarheen dan met Skosana? Die Kings wil hom nie op vleuel kies nie, so wie kan hom gebruik?

Die SWD-Arende, dis wie. Sko­sana het bevestig dat hy hom oor ’n week by die Arende in George aansluit. Hy het ’n kontrak gesluit om tot die einde van die 2015-seisoen vir hulle te speel.

Hy sal onder andere met Daniel Roberts, Martin du Toit en Gerrit Smit om ’n plek meeding.

Noudat Skosana weer ’n span het om voor te speel, moet hy egter nog ’n huurder vir sy huis kry.

Hy het dié huis in die Baaise voorstad Richmond Hill maar onlangs gekoop en ten duurste gerestoureer. Die werk behoort oor ’n week of twee klaar te wees.

Teen daardie tyd sal Skosana al in George wees. Dalk moet hy by Whitehead hoor of hy al blyplek het? – Michael Green