Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Saterdag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 24.6mm


Humiditeit 85%

Dinsdag


21°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 2.8mm


Humiditeit 76%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Nuusflitse
4 werkers sterf toe brug ineenstort Man val laerskoolkinders met mes aan 4 mense dood en 14 beseer in ongelukke op Van Reenenspas Sataniste soek swart katte in Hongarye Man dood in Tafelberg-tragedie Zambiër vas oor hy in lug skiet ná president se dood ‘Hongarye sit internetbelasting eers op ys’ Miley Cyrus se rok skok Man ontnugter met droomvrou, wurg haar Rowers grawe tonnel om bank te beroof Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Rugby

Obi dalk eersdaags ’n Bul

Deur Cobus Claassen Donderdag 05 Junie 2014 9:18 nm.

Luther Obi

PRETORIA. – Een van die haastigste manne in Suid-Afrikaanse rugby kan hom later vanjaar by die Bulle aansluit.

Die Luiperds-vleuel Luther Obi is in die Bulle se visier en daar is aanvanklik by Loftus Versfeld gehoop dié 21-jarige Nigeriër kon reeds ná vanjaar se Varsitybeker-reeks in die Jakarandastad aanmeld.

Xander Janse van Rensburg, die Bulle se hoëprestasiebestuurder, het gister bevestig hulle onderhandel al ’n geruime tyd met die Luiperds-Rugbyunie oor Obi se dienste.

Obi, verlede jaar een van die nasionale o.20-span se uitblinkers, sal ’n groot aanwins vir die Bulle wees.

Die verwagting is dat die veteraan-vleuel Akona Ndungane, die Bulle aan die einde van die seisoen vaarwel sal roep wanneer sy kontrak verstryk.

Obi se koms sal ideaal wees om dié leemte te vul.

Obi, een van die voorste spelers in die Varsitybeker-reeks vir die Pukke, is in die Luiperds-groep vir die kwalifiserende Curriebeker-wedstryde ingesluit.

Sou Obi wel in die nabye toekoms by die Bulle teken, is die kans skraal dat hy al in die Curriebeker-reeks vir die Ligbloues beskikbaar sal wees.

Die Bulle het intussen bevestig die losskakel Jacques-Louis Potgieter het sy kontrak na Oktober 2016 verleng.

Potgieter, wat hom aan die begin van die seisoen uit Frankryk by die Bulle aangesluit het, het aanvanklik net ’n kontrak tot ná aanstaande jaar se Superrugby-reeks gehad.

Frans Ludeke, die Bulle se afrigter, kan met Potgieter goed op dreef dit in die Curriebeker-reeks oorweeg om die opwindende Handré Pollard op binnesenter in te span met Jan Serfontein wat by die Bokke diens doen.

’n Vraag wat binnekort beantwoord kan word, is of die Bulle in die volgende paar weke ’n nuwe baljagter na Pretoria gaan lok.

Dit is geen geheim nie dat daar na ’n adjudant vir Deon Stegmann in die nr. 6-trui gesoek word.

Stegmann, wat vroeër in die Superrugby-reeks ’n spier in sy lies geskeur het, sal oorgehaal wees wanneer die Curriebeker-reeks in Augustus begin, maar daar is by Loftus kommer oor die beserings wat hom so gereeld langs die kantlyn hou.

Die heelagter Clayton Blommetjies en die slot Schalk van Heerden, wat albei Vodacombeker-rugby vir die Bulle gespeel het, het besluit om ander weivelde te soek.

Blommetjies word op 1 Augustus ’n Cheetah. Van Heerden, die jonger broer van die Springbok Wikus, gaan sy heil op Ellispark soek.