Kaapstad Verander Area

Vandag


24°C / 15°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 67%

Woensdag


25°C / 17°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 4.7mm


Humiditeit 72%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Sondag


26°C / 18°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Rugby

Kings-voorryman vervang Trevor

Deur Gerdie Karstens Donderdag 24 Julie 2014 8:33 nm.

BG Uys het ook vir die Luiperds se jonges gespeel. Foto: Gallo Images

BLOEMFONTEIN. – Die Springbok-produkte van die Vrystaatse stut-fabriek het waarskynlik die deurslag gegee vir die stut BG Uys se verbintenis met die Cheetahs.

Die sentrale streekspan se afrigter, Naka Drotské, het Woensdag aan Volksblad bevestig dat die 26-jarige stut hom op 1 November van die Oostelike Provinsie-Kings hier in die Rosestad aanmeld.

Uys sal met die oog op volgende jaar se Superrugby-reeks broodnodige diepte aan die Cheetahs verskaf noudat die Bok-stut Trevor Nyakane sy loopbaan by die Bulle gaan voortsit.

Die huidige Cheetahs-loskopstut Caylib Oosthuizen behoort die eerste keuse vir volgende jaar se beginspan te wees, maar Uys behoort ten minste as plaasvervanger speelkans te kry.

“Diepte op stut is een posisie waarna ons gekyk het. Daar word deesdae vier stutte by ’n 23-tal ingesluit en daarom is dit noodsaaklik om goeie skrumwerkers as plaasvervangers te hê,” het Drotské gesê.

“Ons het ons huiswerk oor BG gedoen. Hy sal ’n baie goeie plaasvervanger wees noudat Trevor na die Bulle op pad is.

“Met Os (du Randt) se hulp kan hy werklik ’n uitstekende stut word.

“Springbok-stutte soos Trevor, Coenie Oosthuizen en Lourens Adriaanse het almal onder Os se hande deurgeloop en BG sal beslis by sy mentorskap baat vind.”

Die Cheetahs se stut-toekoms is glad nie so donker prentjie as wat iemand soos Nyakane se vertrek skets nie.

Benewens Super-ysters soos die Oosthuizens, Coenie en Caylib, en die Griekwas-kragman Maks van Dyk is daar jongelinge wat ook besig is om hul stempel af te druk met die oog op Super-deelname in 2015.

“Coenie bly by ons, wat verblydend is, maar daar is ook jonger manne soos Luan de Bruin en Rudolph Botha in die strukture betrokke.

“Dan sal ons volgende jaar steeds op Maks en Caylib se knoppies kan druk wanneer dit by skrumwerk kom.”

Uys sal eers in vanjaar se Curriebeker-reeks vir die OP-Kings diens doen voordat hy hom later in die Rosestad by die Cheetahs aanmeld.

“Ons sal BG se deelname aan die Curriebeker-reeks beslis dophou, maar ons is vol vertroue dat hy onder Os tot sy reg sal kom,” het Drotské afgesluit.