Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 2.7mm


Humiditeit 49%

Sondag


29°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 35%

Maandag


33°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Dinsdag


28°C / 19°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Woensdag


27°C / 17°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Donderdag


28°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Nuusflitse
Ocean Basket moet sy vis regkry op spyskaart Eugene de Kock kry parool Man kry toesig oor babas van surrogaatma’s Bloemfonteinse polisieman sterf in motorfietsongeluk Ontvoerde Duitsers in Paraguay dood gevind Van Breda's: Vriendin van gesin neem haar eie lewe Bedfordsentrum: Transito-baasbrein vas Treinwa ontspoor in Kaapstad Rentekoers bly onveranderd Max du Preez kry nuwe ‘tuiste’ Vrou in haar Witbank-huis aangeval ​Gene Hackman-gerugte is onwaar AirAsia-ramp: Mede-vlieënier het vliegtuig gevlieg Islamitiese Staat verleng sperdatum vir terroris se vrylating Thomas Ferreira se lewe 'beëindig' - landdros Bylmoorde: Pa was bekommerd oor misdaadsituasie ​Johnny Depp herstel van ‘chupacabra-aanval’ ​Voltaire se boek ’n topverkoper ANC wil grondbesit beperk Polisie speel groot rol in ernstige misdaad - SAIRV Krokodil byt man van Pretoria aan been 4 mense sterf in bankdrama in Rusland De Zalze-bloedbad: 16-jarige is nog kritiek Beweerde metropolisie-roof: 2 verskyn in hof IS eis vrylating van terroris in ruil vir gyselaars Belastingbetalers dok op vir Ace Magashule se 72 gaste in Kuba 3 gesinslede dood in bloedbad by gholflandgoed Belfast-stadsraad: ‘Vermy vis op straat’ Vegvliegtuig stort neer: Dodetal styg tot 11 ANC gaan vir Selebi-begrafnis betaal 7 huiskomiteelede van Potch voorlopig geskors 3 mense op De Zalze vermoor Metropolisie beroof glo ma, 2 kinders Fliek oor FW de Klerk draai in die VSA Facebook-gebruikers ruk lank ‘in duister’ 10 dood toe vegvliegtuig teen ander vliegtuie bots Brandfort: Oë rek oor reuse-uitgawes Top-spioen in hof oor bedrog
Kuns en Vermaak

Afrikaanse flieks ook op feesprogram in Den Haag

Deur Rudolf Stehle Donderdag 30 Mei 2013 22:12

Die finale program vir die tweede “Festival voor het Afrikaans” wat van 13 tot 16 Junie in Nederland plaasvind, is pas bekend gemaak.

Luna Paige sluit haar as genooide kunstenaar aan by Bittereinder, Van Coke Kartel, Jack Parow en die Namibiese rapper Wambuseun vir die Boodskappers-musiekkonsert wat op 13 Junie in De Melkweg in Amsterdam plaasvind.

Paige se mede- genooide kunstenaars is Kern Revolutionaire Zaken (Nederland), Tim Beukers (Nederland) en Nuff2Gain van die eiland Aruba in die Nederlandse Antille.

Die konsert word in samewerking met die musiekkanaal MK aangebied.

Van 14 tot 16 Junie word die fees in die Theater aan het Spui in Den Haag voortgesit.

Hier tree ’n rits voorste Afrikaanse musikante, digters, skrywers en akteurs op.

Volgens Joris Cornelissen, feesdirekteur, is sowat 700 van die 2 500 kaartjies wat vir die twee venues beskikbaar is, reeds verkoop.

“Dit lyk asof die mense as gevolg van die ekonomiese krisis langer wag met die bespreking van kaartjies, maar ons dink die komende mediadekking sal ’n goeie uitwerking op die verkope hê.”

Dié mediadekking sluit in artikels in dagblaaie soos NRC-NEXT en Algemeen Dagblad en ’n bydrae wat op die Nederlandse Radio 5 uitgesaai word.

“Ons plakkaat verskyn van volgende week af in die strate van Amsterdam, Den Haag en Leiden,” sê Cornelissen.

’n Volgepakte program wag die naweek van 14 tot 16 Junie op feesgangers.

Die Vrydagaand tree Karin Hougaard, Etienne van Heerden, David Kramer, Emo Adams, Gert Vlok Nel en die Radio Kalahari Orkes op. Anne van Veen, dogter van Herman van Veen, tree saam met Hougaard op.

Saterdag lees Antjie Krog, Marita van der Vyver en Louis Jansen van Vuuren uit hul werk voor, terwyl Helena Hettema en Niël Rademan saamspan in ’n kabaret-vertoning.

Gert Vlok Nel en Schalk Joubert tree saam met die Nederlandse musikant Gerard van Maasakkers op.

’n Dokumentêre prent oor die lewe van Adam Small word vertoon, asook die Afrikaanse rolprent Die wonderwerker oor Eugène Marais, en ’n rolprentweergawe van Tertius Kapp se bekroonde toneelstuk Rooiland.

Aan de Braak Teater se kabaret Girl van die suburbs met Marlie Kock en Lucas Heinen en die gewilde toneelstuk My naam/My Name is Ellen Pakkies word Saterdag en Sondag opgevoer.

Sondag lees Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal uit hul werk voor; so ook Van Heerden.

Adams, Rademan en Kramer tree weer op, en die aand is Stef Bos op die verhoog.

Benewens lesings oor Afrikaans in Namibië en Afrikaans in die bruin gemeenskap van Suid-Afrika word die dokumentêre prent Scorched Earth vertoon, asook die rolprent Verraaiers en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom.

Die volledige program is beskikbaar by www.festivalvoorhetafrikaans.nl. Vir navrae stuur epos na info@festivalvoorhetafrikaans.nl.

...

Eerste fees was ’n groot treffer

Die eerste “Festival voor het Afrikaans” is van 17 tot 19 Junie 2011 in die Tropen-teater in Amsterdam aangebied.

Al 2 000 kaartjies vir dié fees is destyds uitverkoop.

Daar was onder meer optredes deur Breyten Breytenbach, Ronelda Kamfer, Etienne van Heerden, EKM Dido, Marita van de Vyver, Gert Vlok Nel, David Kramer, Amanda Strydom, Niël Rademan en Chris Chameleon.