Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Donderdag


24°C / 17°C

Wind 19km/h


Reënval 2.1mm


Humiditeit 68%

Kuns en Vermaak

Bushfire-fees se vlamme ál hoër

Deur Anna-Retha Bouwer Vrydag 31 Mei 2013 8:40 nm.

Die Bushfire-kunstefees, wat tot môre in Swaziland aangebied word, groei alte fluks.

Dié fees word vanjaar die sewende keer aangebied en volgens Jiggs Thorne, feesorganiseerder, word daar die naweek sowat 20 000 mense verwag.

“Ons het begin met 4 000 mense en nou is ons al baie naby aan ons volle vermoë,” sê Thorne.

“Ons neem basies die hele Swaziland oor.”

Volgens hom het die fees ’n baie unieke karakter.

“Daar is iets spiritueel daaromtrent. Ons trek ’n baie eklektiese gehoor en dit is ’n ware ontmoetingspunt vir al die verskeie kulturele groepe in die omgewing. Ek glo daar is nie nog feeste wat so ’n unieke groep mense trek soos Bushfire nie.”

Wat nuut op vanjaar se program is, is die Firefest Route, ’n feeskringloop in Afrika waarmee die uitruil van kulturele goed bevorder word. ’n Groep internasionale kunstenaars neem daaraan deel.

Die Colombiaanse groep Bomba Estéreo is deel van dié kringloop en hy word vergesel deur The Brother Moves On van Suid-Afrika, Hope Masike van Zimbabwe, Masikane van Swaziland en Muzilation van Mosambiek.

Die kunstenaars op die Firefest Route sal ook kunstefeeste in Zimbabwe, Mosambiek en Réunion aandoen.

Die Bushfire-fees word in die Malkerns-vallei aangebied en benewens musiek is daar vir die feesganger teater, digkuns, flieks, dans, visuele kuns en selfs sirkustonele.

Thorne beklemtoon dit is ’n gesinsvriendelike geleentheid wat ook sterk klem op sosiale verantwoordelikheid plaas.

Verlede jaar is ’n borgskapprogram vir weeskinders en ’n organisasie vir plattelandse vroue in Swaziland met opbrengs uit die fees gehelp.

Nog kunstenaars wat oor die naweek te sien is, is die Suid-Afrikaanse kunstenaars Guy Buttery, Jeremy Loops en The Soil, asook Nathalie Natiembé van Réunion, Erik Aliana & Koronga Jam van Kameroen, Oy van Switserland en Alhousseini Mohamed Anivolla van Nigerië.

• Vir nog inligting besoek www.bushfire.co.sz  of die fees se profiel op Facebook.