Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Woensdag


28°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Donderdag


26°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 62%

Vrydag


27°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 56%

Sondag


27°C / 11°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 30%

Kuns en Vermaak

Gala-konsert samel geld in vir gidshondvereniging

Vrydag 31 Mei 2013 20:54

Ter viering van die 60ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging het verskeie vermaaksterre hul dienste aangebied vir ’n galakonsert Woensdag in die Mandela van die Joburg-teater.

Om luister te verleen is ’n orkes van meer as 70 lede saamgestel – 50 daarvan vrywilligers van die Universiteit van Pretoria se simfonieorkes.

Sibongile Mngoma sing verskeie operette-arias en Cito sluit by haar aan vir Queen se “Barcelona”. Cito sal ook “Anthem” uit die musiekspel Chess sing.

Caroline Nkwe, Annemarie Steenkamp, Kagiso Boroko en Phenye Modiane van die ensemble Forté is ook op die program. Eweso Judy Page, Samantha Peo en Abigail Kubeka asook dansers van South African Mzansi Ballet.

Robert Whitehead en Mark Banks het vir dié geleentheid ’n bydrae geskryf en Tony Bentell, Mark Hawkins, Stephen van Niekerk en Sibu Radebe lewer hul skreeusnaakse pas de quatre uit Swanemeer.

Die 8-jarige Rochelle Veenemans sing Puccini se “O mio babbino caro”. Fiona Ramsay, Anne Power, Louise St Clair, Michael Richard, Michael de Pinna en Harry Sideropoulos snoer hul talent saam in ’n weergawe van “Brush up your Shakespeare” uit Kiss me Kate.

Die Tshwane Dansgeselskap bied ’n uittreksel uit Pula aan.

Die koördineerder is Mixael de Kock en die musiekregisseur is Graham Scott.

Kaartjies kos R150, R250, R350, R450 en R550.

Bespreek by www.joburgtheatre.com of 0861 670 670.