Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


22°C / 17°C

Wind 40km/h


Reënval 2.9mm


Humiditeit 69%

Donderdag


23°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 5.8mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 35km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


25°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 45%

Kuns en Vermaak

Huldekonsert vir jazz-grote

Dag van musiek, kos op Nirox

Deur Johan Myburg Vrydag 31 Mei 2013 1:16 vm.

Wyle Zim Ngqawana, ook bekend as Zimology. Foto: Yandisa Monakali

Die Nirox-stigting bied Sondag sy tweede konsert van kontemporêre jazz aan.

Dié konsert, ’n huldeblyk aan Zim Ngqawana, wat in 2011 dood is ná ’n beroerte, word op die Nirox-landgoed in die Wieg van die Mensdom, sowat ’n uur se ry van Johannesburg en Pretoria, aangebied.

Nirox se eerste konsert verlede jaar met Herbie Tsoaeli en sy groep musikante het sowat 500 ondersteuners gelok.

Ngqawana, ook bekend as Zimology, het ná sy studie aan die Rhodes-universiteit ’n beurs gekry vir ’n Max Roach/Wynton Marsalis-werksessie en was later ook ’n genoot aan die Massachusetts Amherst-universiteit, waar hy studeer het onder jazz-eksponente soos Archie Shepp en Yusef Lateef.

Ná sy terugkeer na Suid-Afrika het hy opgetree saam met Hugh Masekela en Abdullah Ibrahim.

In 2010 is sy Zimology-instituut in Kaapstad gestroop deur skrootmetaaldiewe. Sy optrede daarna in die beskadigde gebou saam met die pianis Kyle Shep- herd is deur Aryan Kaganof op film vasgelê in The Exhibition of Vandalizimiop.

Die musikante in die huldekonsert, wat om 14:45 begin, is Nduduzo Makhathini (musiekregisseur en klavier), Feya Faku (trompet), Ayanda Sikade (tromme), Herbie Tsoaeli (kontrabas) en McCoy Mrubata (saxofoon).

Die beeldhou-uitstalling After the Rainbow Nation, ’n versameling werke deur voorste Suid-Afrikaanse kunstenaars, is ook nog te sien op die landgoed.

Die hekke open om 10:00.

Kosstalletjies en ’n kroeg is van 11:00 oop. Op die spyskaart is gourmet-burgers, vingerkos, slaai en sop. Daar is kredietkaartgeriewe. Besoekers mag nie ’n eie piekniekmandjie saamneem nie. Kaartjies kos R250 stuk. Dit sluit ’n bottel wyn (wit of rooi) in.

Vir besprekings en aanwysings besoek die webwerf www.jazzinthecradle.com.