07 Mei 08:38
14°C / 27°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


27°C / 14°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 35%

Vrydag


28°C / 11°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 24%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 20km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Sondag


23°C / 14°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Maandag


27°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 37%

Dinsdag


30°C / 14°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 23%

Vermaak

Kennedy met Kings of Chaos

Vrydag 31 Mei 2013 20:41

Myles Kennedy is nou deel van die supergroep Kings of Chaos wat van volgende week af in Suid-Afrika toer.

Hy vervang Sebastian Bach, voormalige lid van Skid Row, wat oorspronklik deel van die toergroep sou gewees het.

Wat die Kings of Chaos-groep uniek maak, is dat dit bestaan uit individuele lede van bekende rockgroepe.

Die kerngroep bestaan uit Matt Sorum, Gilby Clarke en Duff McKagan – almal oorspronklik van Guns n Roses, en Joe Elliott van Def Leppard.

Ander kunstenaars sluit dan gereeld by dié kerngroep aan as gaste.

Die groep wat in Suid-Afrika kom optree, bestaan verder uit Dave Kushner van Velvet Revolver, Glenn Hughes van Deep Purple en Ed Roland van Collective Soul.

Kings of Chaos is op Vrydag 7 en Saterdag 8 Junie in die GrandWest-casino in Kaapstad se Grand Arena.

Daarna kom die manne noordwaarts vir konserte in Sun City se Superbowl op Saterdag 15 en Sondag 16 Junie. Dit begin om 20:00 en kaartjies kos van R475 tot R560 vir die Sun City-konserte.

Konsertkaartjies is by Computicket beskikbaar.