Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 16°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Sondag


26°C / 18°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Maandag


23°C / 17°C

Wind 10km/h


Reënval 11.3mm


Humiditeit 90%

Dinsdag


22°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 3.5mm


Humiditeit 64%

Woensdag


23°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 65%

Donderdag


27°C / 17°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Kuns en Vermaak

Werk oor vullis in see tref op biënnale

Vrydag 31 Mei 2013 1:20 vm.

Maria Cristina Finucci by haar installasie The Garbage Patch State. Foto: Stefano Rellandini, REUTERS

Die 55ste Venesiese Biënnale begin môre amptelik in dié Italiaanse waterstad.

Een van die uitstallings – weliswaar nie op die amptelike Biënnale-program nie – wat nog voor die amptelike opening die aandag van die media getrek het, is die van die Italiaanse kunstenaar Maria Cristina Finucci.

Finucci (56) vestig in haar werk The Garbage Patch State die aandag op die vyf drywende vullishope in die see, onder meer ook in die noordelike Stille Oseaan.

Die presiese grootte van die “kolle afval” is volgens die Amerikaanse nasionale oseanografiese en atmosferiese administrasie moeilik bepaalbaar.

Volgens Finucci is een van dié kolle, so groot soos die Amerikaanse deelstaat Texas en sowat 30 m diep, grootliks onsigbaar vir die oog omdat die afval, hoofsaaklik plastiek, mettertyd verweer. Dit verdwyn egter nooit.

Vroeër vanjaar het Finucci met duisende veelkleurige plastiekproppe die aandag gekry van Unesco in Parys, Frankryk.

Dié organisasie het toe simboliese status verleen aan die “Garbage Patch-staat”.

Vir haar uitstalling in Venesië het Finucci saam met die Ca’Foscari-universiteit ’n Garbage Patch-paviljoen ingerig wat bestaan uit twee 5 m²- drywende houers oorgetrek met ’n weerkaatsende materiaal wat dit “byna onsigbaar maak, soos die regte Garbage Patch”.

Daarmee saam strek ’n net met plastiekproppe uit die water oor ’n muur in die rigting van die stad se Groot Kanaal.

“Ek wil nie ’n apokaliptiese boodskap oordra nie,” sê Finucci. “Ek hoop net mense begin hul gedrag (wat rommel betref) verander.”

Besoek ook die webblad www.education.nationalgeographic.com/education/encyclopedia/great-pacific-garbage-patch.

• Suid-Afrika is ook vanjaar verteenwoordig op die Biënnale. Om digitaal toegang te kry tot dié en ander uitstallings op die Venesiese Biënnale besoek die webblad www.myartguides.com/venice-art-biennale-2013/art-biennale/national-participations/item/439-south-africa.