Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Vrydag


24°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Saterdag


25°C / 14°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Maandag


26°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Nuusflitse
Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Kuns en Vermaak

Biënnale vir landkuns

Plet gooi weer sy deure oop vir projek

Deur Johan Myburg Donderdag 13 Junie 2013 11:58 nm.

Andrew van der Merwe se kalligrafie op die strand by Plettenbergbaai tydens Site_Specific in 2011. Van der Merwe bied vanjaar werksessies in dié kunsvorm aan.

Die projek waarmee Anni Snyman en Strijdom van der Merwe in 2011 vorendag gekom het om omgewings- en landkuns in Suid-Afrika ’n hupstoot te gee, het binne twee jaar besondere aansien in die kunste- en sakewêreld gekry.

Site_Specific, soos dié projek genoem is, het van 22 tot 29 Mei in en om Plettenbergbaai in die Suid-Kaap plaasgevind.

Pas ná The Land is the Canvas, die titel van die eerste Site_Specific, het die borg van dié projek, die Beacon Island-oord, Business & Arts South Africa (Basa) se prys vir steun aan die kunste en omgewing gekry.

Nou, twee jaar later, het Snyman, Van der Merwe en hul vennoot Heather Greig aangekondig dié geleentheid sal voortaan die status van ’n internasionale landkuns-biënnale aanneem.

Dié biënnale, wat van 10 tot 17 Augustus weer in en om Plettenbergbaai (die groter Bitou-munisipaliteit) plaasvind, dien benewens omgewingspesifieke kuns in die land ook die omgewing en die mense van die omgewing waar dit aangebied word. In die nooiensprojek het dit reeds geblyk dat gemeenskapsbetrokkenheid ononderhandelbaar is.

By die aankondiging van die biënnale in Johannesburg het Memory Booysen, die burgemeester van Bitou, hierna verwys en gesê: “Die projek het magiese krag – dit het die lewe van so baie mense in ons klein kusdorp verander.”

Derhalwe word plaaslike kunstenaars genooi om hul gewig in te gooi en inwoners word aangemoedig om deel te neem aan verskeie projekte.

Lungiswa Gqunta, ’n jong kunstenaar van Port Elizabeth, neem vanjaar deel aan die biënnale as die ontvanger van die Jong Kunstenaar van Eden-prys.

Vir dié biënnale is twee buitelandse kunstenaars genooi: Cornelia Konrads van Duitsland en Won-gil Jeon van Suid-Korea.

Die Suid-Afrikaanse verteenwoordiging bestaan uit Hannelie Coetzee en Angus Taylor – wat ook in 2011 deelgeneem het – en Wilma Cruise, Erynne Ewart-Phipps, Gordon Froud, David Jones, Marcus Neustetter, Blessing Ngobeni, Sam Nhlengethwa, Walter Oltmann, Stephen Rosin, Malcolm Solomon, Janet Botes, Erica Lüttich, Anni Snyman, PC Janse van Rensburg en Strijdom van der Merwe.

Benewens die genooide kunstenaars kan enige kunstenaar ’n voorstel indien vir omgewingspesifieke landkuns met die fokus op natuurlike materiaal. Uit dié voorstelle word 20 kunstenaars gekies om deel te neem aan die Sides-projek.

Daar is ook fotografie-werksessies van 14 tot 16 Augustus wat aangebied word deur Daron Chatz, Anja Wiehl en Vanessa van Vreden.

Op 13 Augustus begin Simon Max Bannister – deelnemer aan die 2011-Site_Specific en 2013-wenner van die Britse David Shepherd-prys vir omgewingskuns – ’n staptog wat oor twee dae strek van Nature’s Valley tot Keurboomstrand.

Nog ’n werksessie is dié van Andrew van der Merwe oor kalligrafie op die strand.

Meer inligting oor deelname en registrasie is beskikbaar op die projek se webwerf www.sitespecific.org.za.

Belangstellendes kan ook op dié webwerf aansoek doen vir die Site_Specific-landkuns-paspoort wat die houer daarvan afslag bied op sekere verblyf in Plettenbergbaai en restaurante vir die duur van die biënnale.