Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 67%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 5.3mm


Humiditeit 68%

Vrydag


22°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Kuns en Vermaak

Prettige produksies vir kinders op fees

Vrydag 14 Junie 2013 8:22 nm.

Kitchen Fables in a Cookie Jar is een van die gesinsproduksies op die Nasionale Kunstefees.

Oorspronklike produksies vir die gesin, met spesifieke fokus op die jong teaterganger, is weer op die Nasionale Kunstefees te sien wat van 27 Junie tot 7 Julie in Grahamstad aangebied word.

Assitej SA, ’n internasionale vereniging wat teater onder kinders en jongmense bevorder, bied nege produksies in die Assitej-gesinsentrum aan.

Daar is ook werksessies en onaangekondigde vertonings wat lukraak op verskeie plekke in Grahamstad aangebied word.

Inspiring a Generation 2013, ’n program wat daarop fokus omwerk vir tieners te skep, word ook aangebied.

Die volgende produksies is op die program:

Betti and the Yeti, aangebied deur Ubom!. Met baie musiek en aksie om die betowering van teater aan jong kinders te bring. In die Memory-saal.

River of Life, aangebied deur die Jungle Theatre Company. ’n Afrika-feeverhaal wat handel oor ’n landelike stam en prinses Mamlambo. Hulle woon langs ’n rivier vol tower-skepsels.

’n Interaktiewe stuk met musiek en fisieke teater vir kinders drie jaar en ouer. In die Oatlands-saal.

Once Upon a Puppy, aangebied deur Adlib Children’s Musical Productions, wat verlede jaar vir die treffer Pitterpat the Crazee Caterpillar gesorg het.

’n Interaktiewe werksessie-ondervinding met musiek vir slegs 20 gehoorlede op ’n keer. Vir kinders van alle ouderdomme. In die Oatlands-saal.

Kitchen Fables in a Cookie Jar deur Baba Yaga Theatre. Geskep deur die Deense kunstenaar Jori Snell. ’n Meisie omskep kombuistoerusting en bestanddele in vriende en skeppings van haar verbeelding.

Aangebied in Vicky’s.

See-Far-I deur CherryCo Productions. Vee kan nie ’n klasuitstappie meemaak nie, maar gaan op ’n verbeeldingsvlug en leer meer van wilde diere. Vir kinders ses jaar en ouer, aangebied in die Memory-saal.

A Tale of Horribleness aangebied deur The Space Behind the Couch. ’n Kind met ’n sterk verbeelding reis deur nuwe wêrelde en verslaan vreemde kreature om sy bababoetie te red.

Met animasie en poppekuns is die produksie gemik op kinders tussen ses en 12 jaar oud. In die Oatlands-saal.

Falling Moon deur die Jun- gle Theatre Company is ’n avontuurlike reis deur die Karoo saam met ’n uiteenlopende groep karakters. Die maan het uit die lug geval en wat nou? In die NG kerk-saal.

Get Kraken deur Jon Keevy en geregisseer deur Kim Kerfoot.

’n Legendariese seemonster word gejag in ’n onderwater-avontuur. In die Oatlands-saal.

Lenny and the Wasteland van Space Behind the Couch. Lenny moet die wêreld red tydens ’n kernoorlog.

In die styl van ’n grafiese boek met poppe, skadukuns, animasie en oorspronklike musiek. In die St. Andrew’s-saal.

Kaartjiepryse verskil en is beskikbaar deur Computicket.

Kontak Chandre Jordaan by 021 822 0070/1/2 of office@assitej.org.za vir meer inligting.

• Volledige feesprogram by www.nationalartsfestival.co.za .