31 Augustus 15:17
14°C / 15°C

Kaapstad Verander Area

Vandag


15°C / 14°C

Wind 41km/h


Reënval 11mm


Humiditeit 89%

Dinsdag


16°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 73%

Woensdag


17°C / 12°C

Wind 20km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 70%

Donderdag


19°C / 12°C

Wind 19km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 64%

Vrydag


19°C / 13°C

Wind 12km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


22°C / 14°C

Wind 16km/h


Reënval 0mm


Humiditeit 51%

Vermaak

Wits wy week aan die intellek

Gesprekke, lesings en uitvoerings aangebied

Vrydag 14 Junie 2013 20:23

Die Johannesburg Workshop in Theory and Criticism (JWTC), ’n gespreksgroep met “her-territorialisering van globale intellektuele produksie” in die oog, bied van 23 Junie tot 2 Julie ’n program van gratis intellektuele sessies by Wits aan.

Die JWTC is gekoppel aan Wits se instituut vir sosiale en ekonomiese navorsing (Wiser).

Die tema is “The Life of Forms” en sluit in paneelbesprekings, uitstallings, tafelgesprekke en boekbekendstellings.

As deel van JWTC Session 2013, ’n reeks openbare lesings, tree gerekende kunstenaars en denkers op, onder wie: die Johannesburgse kunstenaar William Kentridge; Arjun Appadurai, ’n sosiokulturele antropoloog aan die New York-universiteit; Jane Guyer, ’n antropoloog aan die Johns Hopkins-universiteit; Achille Mbembe, ’n politieke wetenskaplike en filosoof van Wits; Eyal Weizman, ’n argitek en dosent aan die Londense Goldsmiths-kollege; Hylton White, ’n antropoloog en etnograaf van Wits; en die Kaapstadse klankkunstenaar James Webb.

Ntone Edjabe, die stigter van Chimurenga, die kunste-en-kultuur-tydskrif, is in gesprek met Mbembe oor die rol van kunste en politiek in Afrika en die Diasporas.

Benewens openbare lesings, is daar ook musiekgeleenthede soos Aesthetics in Protest, ’n program waaraan die Johannesburgse komponis Neo Muyanga, die Egiptiese Al Warsha-geselskap en DJ Collective South by South deelneem. Muyanga se produksie The Flower of Shembe is onlangs in Johannesburg aangebied.

’n Uitstalling van die Johannesburgse kunstenaar Zen Marie is tydens die JWTC Session 2013 in Goethe on Main te sien.

Alle sessies is oop vir die publiek, maar sitplek is beperk.

Kaartjies vir die vyf lesings/performances deur Kentridge in die Wits-teater kan bespreek word deur epos te stuur aan Najibha.Deshmukh@wits.ac.za.

• Die volledige program is beskikbaar by www.jwtc.org.za .