Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Saterdag


24°C / 16°C

Wind 37km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 54%

Sondag


25°C / 15°C

Wind 28km/h


Reënval 0.8mm


Humiditeit 58%

Maandag


20°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 2.5mm


Humiditeit 81%

Dinsdag


23°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.3mm


Humiditeit 68%

Woensdag


22°C / 15°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Nuusflitse
Vermeende verkragter gesoek MH370: Seuns dagvaar oor pa se “dood” Beroemde bokskryt glo gesteel Thuli Madonsela: Jy's nie bo die reg, JZ 13-jarige ontvoer: 'Toestande in ouerhuis nie noodwendig sleg' Steve Hofmeyr ken nie apartheid - Virginia Keppler Klimmer sterf op Nepal-berg Eerste renoster in Etosha gestroop Taxi-eienaar doodgeskiet in Jhb-middestad Werkloosheid hier om te bly Twee mans aangekeer ná skietvoorval Toeristemoord: Mianmar-verdagtes gaan weer getoets word Duitse toeris dood in Australiese park gekry Vodacom: Klante se besonderhede glo bekendgemaak Ebola: Verpleegster in VSA weier kwarantyn Vermeende ontvoerder van meisie (13) vandag in hof Nóg bewyse dat Ellen Tshabalala jok oor graad Gesteelde skape in vrou se slaapkamer gevind Fransman sterf ná 56 sopies 14 dood, 300 vermis ná grondstorting in Sri Lanka ​Kommer oor TB en diabetes-epidemie Kiwi's gaan stem oor nuwe vlag ​Rusland bied hulp aan na vuurpyl-ontploffing ​VN aanvaar resolusie oor Kuba Hoogswanger Thandi Bocibo by hospitaal weggewys Vermiste Casandra Lottering (13) is gevind Die Leeu, die Jakkals en die Perske maak musiek Wilde sampioene maak gesin siek Ebola: Switsers sê ja vir eksperimentele entstof Sanger Bobby beroof Kroonprinses Masako hou eerste banket in 11 jaar Kambodja: Broers sterf in handgranaatontploffing Tienerseun vas wat kleuter glo verkrag, vermoor Chinese toeriste in Durban-ongeluk beseer Oscar Pistorius: 4 gronde vir appèl Wes-Kaap: Alan Winde wil grondhervorming aanpak Senzo Meyiwa: Gemeenskap moet die polisie help
Kuns en Vermaak

Aanvangfliek verbied op Durban-fees

Regisseur plak mond toe ná uitspraak

Deur Laetitia Pople Vrydag 19 Julie 2013 7:29 nm.

Jahmil XT Qubeka

Of Good Report, die rolprent van die Oos-Kaapse regisseur Jahmil XT Qubeka wat die Durbanse rolprentfees eergister sou open, is op die nippertjie klassifikasie deur die Rolprent-en-publikasieraad geweier en enige vertoning daarvan sou as ’n misdaad beskou word.

Die raad het as rede aangevoer ’n toneel van sowat 28 minute in die prent dui op kinderpornografie. In dié toneel het ’n volwassene seks met ’n minderjarige.

Terwyl die raad se verklaring gisteraand voorgelees is, het Qubeka sy ID-dokument opgeskeur en sy mond met kleeflint toegeplak. Hy het heen en weer op die verhoog geloop.

Die rolprentvervaardigers het hom omhels en op die skouer geklop.

Die prent, Qubeka se derde, handel oor ’n onderwyser op ’n dorpie wat jag maak op jong meisies. Die skoolkind in dié problematiese toneel word vertolk deur die 23-jarige Petronella Tshuma.

Die prent is luidens die beskrywing in die feesgids Qubeka se eerbetoon aan die klassieke film noir.

Die feesbestuurder, Peter Machen, het dit as ’n uitdagende rolprent van ’n sterk individuele stem in die bedryf bestempel. Hy het dit vroeër beskryf as ’n prent wat die rolprentkuns van Afrika na ’n nuwe vlak neem.

“Ons het Qubeka se prent gekies omdat dit uitdagend, kragtig en artistiek suksesvol is, en omdat dit so ’n sterk uitdrukking is van ’n eie stem. Die fliek vergestalt die maatskaplike probleem van ongebreidelde magsmisbruik in ons land,” het Machen gesê.

Qubeka se vrou, Lwazi Manzi, het verwys na die afgryslike omstandighede wat sy daagliks as mediese dokter by ’n staatshospitaal teëkom van jong vroue wat deur ouer mans mishandel word.

“As die rolprent en publikasieraad dit nie goedkeur nie, beteken dit nie dié goed bestaan nie,” het sy bygevoeg.

Sy het verwys na die hoë voorkoms van kinderverkragtings en tienerswangerskappe waarmee sy daagliks in haar werk te kampe het.

“As hulle nie wil hê ’n mens moet dit sien en self ’n ingeligte besluit neem nie, beteken hul 16 dae van aktivisme niks nie,” het sy gesê.

Die feesbestuur het uit respek vir die regisseur besluit om nie gisteraand ’n ander rolprent te vertoon nie.

Qubeka en die Universiteit van KwaZulu-Natal, wie se sentrum vir kreatiewe kunste die organiseerder van die fees is, het aangedui dat hulle teen die besluit gaan appelleer.

Mike Auret, prokureur en die vervaardiger van die prent, het aangedui as die appèl nie slaag nie, gaan hy die konstitusionele hof nader. “Dit is nie die taak van die staat om te moraliseer nie,” het hy gesê.

Die fees duur tot 28 Junie. Besoek ook die webwerf www.durbanfilmfest.co.za.