Kaapstad Verander Area

Vandag


32°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Dinsdag


29°C / 16°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Woensdag


28°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 42%

Donderdag


25°C / 14°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Vrydag


27°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Saterdag


23°C / 13°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Kuns en Vermaak

Star Wars-regisseur word weer pa op 69

Deur sapa-afp Dinsdag 13 Augustus 2013 12:03
LOS ANGELES. – Die Amerikaanse rolprentregisseur George Lucas van Star Wars-faam en sy vrou, Mellody Hobson, het ’n babadogter ryker geword.
Everest Hobson Lucas, wat op 9 Augustus deur ’n surrogaat-ma in die lewe gebring is, is die 69-jarige Lucas en die 44-jarige Hobson se eerste biologiese kind, het sy agent Maandag gesê.
Die regisseur het ook drie aangenome kinders, Amanda (32), Katie (25) en Jett Lucas (20).
Hobson, die hoof van Ariel Investments, en Lucas, die skepper van die Star Wars- en Indiana Jones-franchises, is in Junie vanjaar in Kalifornië getroud.
Dit is Lucas se tweede huwelik. Hy was vanaf 1969 tot 1983 getroud met die Oscar-bekroonde rolprentredigeerder Marcia Lou Griffin.