Kaapstad Verander Area

Vandag


22°C / 15°C

Wind 31km/h


Reënval 0.2mm


Humiditeit 67%

Vrydag


23°C / 15°C

Wind 39km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 38km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Sondag


27°C / 16°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Dinsdag


24°C / 17°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Nuusflitse
Japanse staatslui gebruik departementsgeld in seksklub Rowers blaas kitsbank op, vlug met geld Vry word op Zimbabwe-kampus verbied KZN: Vrou sterf in tref-en-trap-ongeluk Oscar: Belastingbetalers gaan opdok OB benodig R64 miljoen Gat in staat se sak kan tot hoër belasting lei Mthembu steeds in intensiewe sorg – ANC Man tronk toe wat stiefdogter verkrag Nene: Staat se gordel sal styf ingetrek word Man sterf toe hy van afleweringsvoertuig val Senzo Mchunu se vrou moet uit pos bedank - IVP Snik, gemmerkoekies word geslagloos Indonesië onderskep Australiese vliegtuig Duitsland stuur tieners terug wat glo by IS wou aan sluit KZN-mans lank tronk toe vir verkragting Kerkramp: Suid-Afrikaners se lyke steeds nie terug nie Heyns-moordsaak: Broer gaan dalk teen broer getuig SOE: Wil nie Nkandla-eis instel teen Jacob Zuma Oscar Pistorius: Eerste dag in die tronk Bloemfonteiners is ongesond, Kapenaars gesond Joodse mans ontevrede oor vroue-advertensies 5 jaar vir Pistorius Wraak-porno: Facebook moet IP-adresse verskaf Neusselle laat verlamde man wéér loop Oscar se beproewing sal nóóit verby wees nie - Aimée Bejaarde egpaar al vier keer beroof Oscar de la Renta sterf Weduwee onthul hoe PW nee sê vir staatshulp Panda's gee bewaarder grys hare Vier mans vas ná suuraanvalle op vroue Seun kritiek ná partytjie-verkragting WGO verklaar Nigerië Ebola-vry Britse toeristemoord: Verdagtes glo fisiek mishandel Japan: Twee vroueministers bedank weens korrupsie Indiese marathon ontaard in klug China skenk voedsel vir Ebola-lande Somerset-Wes: Vroue-rower skiet wag JZ: Waarom kritiek oor Nkandla - wat van PW? Texas: Ebola-personeel hoor vandag
Kuns en Vermaak

Bekendes vra vir wetgewing teen steelfotograwe

Deur ap Woensdag 14 Augustus 2013 1:46 nm.

LOS ANGELES. – Die Hollywood-aktrises Halle Berry en Jennifer Garner het wetgewers in Kalifornië gevra om ’n wetsontwerp te ondersteun wat swaarder strawwe sal oplê aan steelfotograwe wat bekendes en hul kinders teister.

In ’n emosionele getuienis het Garner Dinsdag aan Kalifornië se senaatskomitee gesê sy en haar kinders word oral agtervolg. 

Die nuwe wetsontwerp sal die definisie van teistering verander sodat dit die fotografering van kinders sonder die toestemming van ’n wettige voog insluit.

“Hulle vloek my en sê my sleg net om ’n reaksie te ontlok, sodat hulle’n foto kan verkoop,” het Berry Dinsdag aan ABC News gesê.

Berry, wat swanger is, sê die teenwoordigheid van fotograwe het veroorsaak dat haar dogter bang is om skool toe te gaan.

Die aktrise het verduidelik dat ’n steelfotograaf haar vyfjarige kind eenkeer gevra het: “Hoe voel jy Nahla? Jy gaan dalk nooit weer jou pa kan sien nie. Hoe voel jy daaroor?”

Die 46-jarige Berry het bygevoeg dat haar dogter gereeld vra hoekom hulle agtervolg word.

Garner was na aan trane toe sy beskryf het hoe steelfotograwe haar en haar drie kinders daagliks teister.

“Ek het ’n openbare lewe gekies...[maar] my drie kinders is private burgers. Ek het hulle lief. Hulle is pragtig en onskuldig en ek wil nie hê dat ’n groep gillende, bakleiende fotograwe my kinders traumatiseer nie,” sê Garner.

Sommige media-organisasies is teen die wetgewing gekant en sê dit sal hul vermoë beperk om nuus in te samel.