Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 30km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Vrydag


24°C / 14°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 50%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 44%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 69%

Dinsdag


19°C / 12°C

Wind 22km/h


Reënval 1.5mm


Humiditeit 82%

Kuns en Vermaak

Sanger se seun ontslaan ná swembad-ongeluk

Deur ap Woensdag 14 Augustus 2013 6:43 vm.

Die R&B-ster Usher. Foto: Argief

ATLANTA. – Die seun van die Grammy-bekroonde R&B-sanger Usher is uit die hospitaal ontslaan nadat hy byna verdrink het.
Angela Kinley, 'n prokureur vir die seun se ma, het Dinsdag gesê die vyfjarige Usher Raymond V is Sondag uit die hospitaal ontslaan.
Kinley het gesê Tameka Foster Raymond het haar seun Maandag by die skool gesien toe hy oriëntasie vir die nuwe jaar bygewoon het.
Volgens die polisie in Atlanta het die Usher Raymond V in die swembad beland en op ‘n manier in die dreineringsrooster op die bodem van die bad verstrengel geraak.
‘n Huishoudster het ingeduik en die kind probeer bevry, maar kon nie daarin slaag nie. Die seun is uiteindelik deur ‘n man wat ‘n klankstelsel in die huis geïnstalleer het, gered.  Hy het ook mond-tot-mond-asemhaling op die seun toegepas en hom bygebring.
'n Regter het Vrydag Tameka se aansoek om tydelike toesig oor hul kinders verwerp.