Kaapstad Verander Area

Vandag


30°C / 16°C

Wind 19km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 39%

Sondag


28°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 49%

Maandag


32°C / 18°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 34%

Dinsdag


28°C / 16°C

Wind 16km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Woensdag


26°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Donderdag


26°C / 14°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Kuns en Vermaak

UV maak geskiedenis met nuwe graadkursus

Deur ofm Donderdag 15 Augustus 2013 17:48
BLOEMFONTEIN. – Die Universiteit van die Vrystaat maak volgende jaar geskiedenis wanneer hulle die eerste tersiêre instelling in die land word om ’n BSc-graad in forensiese wetenskap aan te bied.
Volgens die hoof van die departement genetika, Johan Spies, sal die kursus veral die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) help om sake vinniger op te los, juis omdat hulle ’n tekort aan opgeleide, gekwalifiseerde personeel in hul forensiese laboratoriums het.
Spies is oortuig daarvan dat sodra studente die driejaarkursus voltooi het, hulle die SAPD se reeksmoordenaareenheid, wat onthul het dat sowat 1 300 reeksmoordenaars tans aktief in die land is, goed sal bystaan en die DNS-databasis sal help om misdadigers vinniger vas te trek.