Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 3.4mm


Humiditeit 67%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 5.3mm


Humiditeit 68%

Vrydag


22°C / 16°C

Wind 28km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Saterdag


26°C / 17°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Sondag


26°C / 16°C

Wind 15km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 59%

Maandag


23°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 61%

Kuns en Vermaak

Aktrise sterf in rehabilitasiesentrum

Deur ap Vrydag 16 Augustus 2013 10:08 vm.
LOS ANGELES. – Die aktrise Lisa Robin Kelly van That '70s Show-faam het in die ouderdom van 43 gesterf.
Kelly is vroeër vandeesweek in ’n rehabilitasiesentrum in Los Angeles opgeneem, waar sy Woensdag gesterf het. 
Die amptelike oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie.
Kelly het die rol van Laurie Forman, die suster van Topher Grace se karakter Eric, in die Fox-reeks vertolk. Die reeks het in 2006 ten einde geloop.
Sy het ná die reeks uit die kollig verdwyn en het meestal vanweë persoonlike probleme die nuus gehaal.
Kelly en haar man, Robert Joseph Gilliam, is in November verlede jaar in hegtenis geneem in verband met moles by hul huis in Noord-Carolina.
Sy is ook in Junie in hegtenis geneem op vermoede van dronkbestuur.