Kaapstad Verander Area

Vandag


26°C / 12°C

Wind 14km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 28%

Maandag


23°C / 13°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 48%

Dinsdag


25°C / 13°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Woensdag


23°C / 12°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 56%

Donderdag


28°C / 15°C

Wind 18km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 32%

Vrydag


31°C / 12°C

Wind 11km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 26%

Kuns en Vermaak

Colin Richards-uitstalling by Wits

Vrydag 16 Augustus 2013 00:10

A Fine Line is ’n uitstalling van Colin Richards se werk wat tot 4 September te sien is in die Origins-sentrum op Wits se Braamfontein-kampus in Johannesburg.

Die kurator is Penny Siopis, sy vrou en mede-kunstenaar.

Richards is verlede jaar op 58 oorlede.

Die uitstalling is deel van Wiser se “Body Knowledge”- konferensie, wat fokus op die gesprek tussen die geestes- en die natuurwetenskappe. Dit is juis hier waar Richards ’n belangrike rol gespeel het. Voordat hy as kunstenaar en akademikus, kunskritikus, kurator en kunsterapeut gereken is, het Richards begin as ’n mediese illustreerder.

Dit is sy kennis van en vaardigheid in albei dissiplines wat sy werk geskik maak vir dié konferensie.

Die uitstalling bied veral insig in Richards se denke en gevoelens as inspirasie vir die virtuose en tydrowende werk wat hy gelewer het.

Môre om 10:00 bied Siopis ’n rondleiding aan.

Navrae: 011 717 4713