Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 14°C

Wind 21km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 53%

Saterdag


23°C / 14°C

Wind 20km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 51%

Sondag


22°C / 17°C

Wind 22km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 62%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 31km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 51%

Dinsdag


24°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Woensdag


24°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Kuns en Vermaak

Duisende by Graceland om Elvis te vereer

Deur ap Vrydag 16 Augustus 2013 7:47 vm.

Die sewejarige Nicholas Woodlief (links), sy suster Annabelle Woodlief (11) en 'n vriend , Eli Crain (11) poseer by Graceland voor die jaarlikse nagwaak. Foto: AP

MEMPHIS (Tennessee). – Elvis Presley-aanhangers van oor die wêreld heen het hul jaarlikse tog na Graceland onderneem vir die 36ste herdenking van die koning van rock ’n roll se dood.
Duisende aanhangers het Donderdag kerse aangesteek terwyl hulle stadig deur die tuin by Graceland, waar Presley gewoon het, gestap het. Presley se graf is in die tuin en sy ouers en ouma is ook daar begrawe.
Aanhangers sak jaarliks op Memphis toe vir Elvis-week, die weeklange viering van sy lewe en loopbaan. Presley het op 16 Augustus 1977 gesterf.
Volgens die polisie word 35 000 mense by die nagwaak verwag. Verlede jaar het 75 000 die geleentheid bygewoon.
Elvis se gewese vrou, Priscilla Presley, en sy dogter, Lisa Marie Presley, het verlede jaar aanhangers by die geleentheid toegespreek. Dit was die eerste keer wat hulle saam daar was sedert die nagwaak begin het.