Kaapstad Verander Area

Vandag


23°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.4mm


Humiditeit 75%

Maandag


25°C / 16°C

Wind 32km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Dinsdag


29°C / 17°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 46%

Woensdag


22°C / 16°C

Wind 41km/h


Reënval 12.9mm


Humiditeit 72%

Donderdag


22°C / 15°C

Wind 19km/h


Reënval 5.5mm


Humiditeit 66%

Vrydag


22°C / 15°C

Wind 24km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 63%

Kuns en Vermaak

Gesoek: die ‘grootste’ lied

Tyd tot Sondagnag om nog te benoem

Deur Anna-Retha Bouwer Vrydag 16 Augustus 2013 12:07 vm.

Die publiek het nog tot Sondag om middernag tyd om sy gunsteling- Afrikaanse liedjie te benoem in Maroela Media se veldtog om die “grootste Afrikaanse liedjie van alle tye” te vind.

Die liedjie wat die meeste stemme kry, ontvang dié titel.

Is dit dalk Coenie de Villiers se “Karoonag” wat jou steeds hoendervel gee? Of miskien dink jy die liedjies van Lucas Maree soos “Droomvrou” of “Victoriabaai” behoort te wen.

Daar is natuurlik ook talle Koos du Plessis-treffers wat ’n kans staan.

Die land het inderdaad al heelwat talentvolle Afrikaanse liedjieskrywers opgelewer. Johannes Kerkorrel se “Halala”, “Hillbrow” en “Hoe ek voel” bly byvoorbeeld altyd mooi.

Natuurlik is daar altyd die immergroen treffers soos “Ramaja” en “Die harlekyn” waarvan jy kon vergeet.

Of miskien is jy eerder ’n groot aanhanger van die werk van meer hedendaagse kunstenaars soos Die Antwoord, Dans Dans Lisa of Van Coke Kartel.

As ’n mens eers gaan sit en terugdink, sal jy agterkom daar is eintlik ’n skatkis van werk om uit te kies. Daar is selfs kinderliedjies wat die toets van die tyd deurstaan het soos “Heidi” of “Wielie-Walie”.

Diegene wat deelneem, kan ’n bootreis vir twee en nog pryse losslaan. Daar is ook speletjies waarin algemene musiekkennis getoets word op www.grootsteliedjie.co.za , waar nog pryse gewen kan word.

Die soektog het aan die einde van verlede maand op die kykNET-musiekprogram Jukebox begin. Die publiek word aanvanklik genooi om sy gunstelingliedjies te benoem en daarna kan mense in verskeie uitdunrondes vir hul gunstelingliedjie stem totdat daar net een liedjie oorbly wat met die titel sal wegstap.

Om nog tot Sondag liedjies te benoem stuur ’n SMS met die woord “Virseker” en die titel van jou gunstelingliedjie na 48052 of besoek die webblad.

Nadat die benoemings gesluit het, sal ’n paneel onder leiding van Johann van Rensburg die 50 liedjies wat die meeste benoemings ontvang het in vyf afdelings deel: Goue oues, tradisioneel, raserig, populêr en kinderliedjies.

Die publiek sal dan weer die kans kry om vir hul gunsteling te stem. Die wenliedjie sal op 26 Oktober bekend gemaak word tydens ’n regstreekse uitsending van Jukebox wat om 21:00 begin.