Kaapstad Verander Area

Vandag


28°C / 16°C

Wind 27km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 47%

Saterdag


25°C / 15°C

Wind 25km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 58%

Sondag


27°C / 14°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 52%

Maandag


31°C / 17°C

Wind 17km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 43%

Dinsdag


25°C / 15°C

Wind 27km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 55%

Woensdag


29°C / 15°C

Wind 23km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 38%

Kuns en Vermaak

Samro wys sy wenners aan

Hugo, drie van Kaap beste in beursstryd

Deur Johan Myburg Maandag 02 September 2013 21:32

Samro-uitblinkers . . . Van links Jan Hugo, Nicholas Williams, Bokani Dyer en Megan-Geoffrey Prins.

Die Bloemfonteinse pianis Jan Hugo is Saterdag in Johannesburg as die wenner in die Suider-Afrikaanse Musiekregteorganisasie (Samro) se kompetisie vir oorsese beurse vir klawerbordspelers aangewys.

Hugo (22), wat tot onlangs in Italië studeer het en hom binnekort in Leipzig in Duitsland vestig, het prysgeld van R170 000 ontvang.

Megan-Geoffrey Prins van Riversdal in die Wes-Kaap is as naaswenner aangewys. Prins (22) het boonop die Samro/Flink-studiebeurs, die Samro/Fisher-prys en die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk gekry. Sy totale prysgeld is R79 500.

Die Kaapse jazzpianis Bokani Dyer het die prys in die jazz-kategorie ontvang. Dyer (27), in 2011 die Standard Bank Jong Kunstenaar vir jazz, het ook prysgeld van R170 000 ontvang.

Nicholas Williams, nog ’n Kapenaar, is as naaswenner aangewys. Williams (27) het die Samro/Fisher-prys en die prys vir die beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk ontvang.

Hugo se program het bestaan uit die eerste beweging van Mozart se Sonate no. 14 in c, K.457, Rachmaninoff se Etude Tableau op. 39, no. 3 in f-kruis, Bartók se “Klänge der Nacht” en “Die Jagd” uit Im Freien en die voorgeskrewe Klavierstuk 2 van Roelof Temmingh.

Prins se program het bestaan uit die Allegro uit Haydn se Sonate in E-mol, Hob. 51:1, Chopin se Etude no. 5 in e, op. 25, Hamelin se Etude no. 9 in f, “La danza” uit 12 etudes, asook die Temmingh-werk.

Die Samro-pryse word sedert 1962 toegeken. Volgende jaar kom komponiste in die kollig en die jaar daarna sangers. In 2016 kom instrumentaliste aan die beurt.

Besoek die webwerf www.samrofoundation.org.za.