Kaapstad Verander Area

Vandag


25°C / 16°C

Wind 12km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 68%

Donderdag


23°C / 15°C

Wind 32km/h


Reënval 0.1mm


Humiditeit 68%

Vrydag


25°C / 16°C

Wind 33km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 55%

Saterdag


26°C / 16°C

Wind 36km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 57%

Sondag


26°C / 17°C

Wind 26km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 60%

Maandag


23°C / 15°C

Wind 40km/h


Reënval 0.0mm


Humiditeit 64%

Kuns en Vermaak

Jaco Bouwer op KKNK

Geen omdraaikans met ‘Samsa-masjien’

Besef teks is ‘baie braaf’

Deur Karin Burger Dinsdag 25 Maart 2014 12:13 vm.

Jaco Bouwer ontvang die Kuns Onbeperk-toekenning vir grondverskuiwende werk op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Foto: NASIEF MANIE

KAAPSTAD. – Die regisseur Jaco Bouwer spot en sê as iemand nie weet hoe om ’n teaterstuk te laat werk nie, dan bel hulle hom.

“Ek is altyd besig met nuwe werk. Die uitdaging trek my seker maar aan om iets te doen as niemand eintlik weet hoe of wat nie. “Vir my is dit ’n soeke na die verskillende vorme van uitdrukking.”

Die teaterstuk Rooiland het pas vyf Fleur du Cap-toekennings gewen, en Jaco was op die verhoog vir regie en beligting.

Hy het ook ’n Naleldi-toekenning vir die regie van Balbesit ontvang.

En by die Absa KKNK wag daar ’n toekenning vir grondverskuiwende teater.

“Grondverskuiwende teater voel letterlik soos om die grond van punt A na punt B te skuif. Jy is altyd opsoek na meer, na dieper . . .”

Daarom is dit dan ook vir hom so lekker om met die teks van skrywers te werk, soos nou weer met Willem Anker se Samsa-masjien, wenner van die 2012- ATKV-Woordveertjie vir drama.

“As vervaardiger worstel ek binne die struktuur van die skrywer se teks. Die teks het reeds ’n vorm aangeneem, en vir my lê die uitdaging daarin om die kombinasie van woorde op papier in ’n visuele landskap te omskep.”

Samsa-masjien is ’n stuk wat in gesprek wil tree met Franz Kafka se Die Verwandlung (Metamorphosis).

Kafka se verhaal fokus op die insekwording van die seun in die gesin, maar in Samsa-masjien is die seun lank reeds dood. Dit fokus wel op die insekwording van die pa.

“Ek het die eerste keer die teks gesien en gedink daar is nie ’n manier hoe ’n mens dit op ’n verhoog kan doen nie. Om die teks maksimaal te gebruik, moet jy eerder ’n fliek maak.

“Toe byt die Absa KKNK en ek besef hier is nie omdraaikans nie.”

Met Rooiland was dit dieselfde . . .

“Dit is nie ’n kommersiële stuk nie. Ek het die risiko geneem omdat ek van die eerste oomblik af in die stuk geglo het.

“Ek het die teks gelees en besef dit is baie braaf.”

Balbesit was net so ’n groot uitdaging. “Dit is ’n stuk oor manlikheid, oor identiteit, oor seksualiteit.

“En dan werk jy met 25 plus mans, almal van verskillende agtergronde . . .”

Bouwer beskryf kuns op die verhoog as gorilla-teater.

“As jy deesdae teater maak, lewe jy van fees tot fees. Jy het nie ’n huis nie, jy soek konstante ruimte, en elke produksie vra vir sy eie mense.”

Elke toneelstuk sorg vir sy eie drama in Bouwer se lewe.

“My kop is altyd besig. Dit is ’n hele proses, ek ly aan insomnia.

“As ek nie kan slaap nie, neem ek die klank van krieke in my badkamer op.”

•  Samsa-masjien is van 2 tot 5 April by die KKNK en Balbesit van 19 tot 28 Junie in die Baxter.