Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
2018 se vyf groot flaters
20 Desember 2018
Gallo/Getty Images

Daar is foute en dan is daar foute. Die eerste soort fout, is die verkeerde stap, die verkeerde berekening.

Hulle kom in groot, medium- en klein groottes. Daar is die klein voorbeeld van Coca-Cola se Schwepps-handelsmerk wat sy kliënte geheel en al verwar het deur sy sodawater so te herverpak dat sy kliënte gedink het dis kinawater.

Dan is daar die ernstiger fout by die klerehandelaar H&M wie se ‘Coolest monkey in the jungle’-advertensie vir kappietruie verwoede aantygings van rassisme laat ontvlam het en geëindig het met die EFF wat sy Sandton City-winkel geplunder het.

Die tweede soort fout is baie ernstiger en het meer oorheersend in Suid-Afrika geword, en sluit van die wêreld se mees vooraanstaande sakename in.

Dit sluit in Mckinsey, die 90 jaar oue Amerikaanse konsultasiefirma, Bain & Co. en ’n aantal ouditeursfirmas wat veronderstel is om die bewakers te wees van alles wat ondersoekwaardig is.

Hier is daar ’n doelbewuste, etiese mislukking wat die vertroue van die gemeenskap ondermyn en, in die geval van Suid-Afrika, die mat onder die voete van omtrent al sy instellings uitgepluk het.

Die eerste soort fout, is die verkeerde stap, die verkeerde berekening.

Hier is ’n paar van die ergste oortreders in 2018:

TIGER BRANDS

Enterprise se aanleg in Polokwane.

Aandeelpryse by Tiger Brands is jaar-tot-jaar 42% laer soos wat beleggers steeds sukkel om die impak te verwerk van ’n listeriose- uitbreking by sy waardetoegevoegde-vleisprodukte.

Dit is spesifiek dié vleisprodukte van twyfelagtige herkoms, soos polonies, Weense worsies en Russiese worsies.

Meer as 200 mense het gesterf nadat hulle die bakterie opgedoen het en meer as 1 000 het siek geword. Dit was in Maart. Eers in September is die fabrieke wat geïdentifiseer is dat hulle besmette kos vervaardig en verpak het, in Polokwane, Pretoria en Germiston, heropen.

Die impak op Tiger Brand se syfers deur ’n eenmalige afskrywing was altesame R380 miljoen netto ná versekering en ’n 26% afname in wesensverdienste vir die volle jaar.

Maar daar is dalk nog straf op pad.

Die hooggeregshof het in November ’n bevel uitgereik waarin ’n groepeis goedgekeur word weens die uitbreking, wat die deur geopen het vir verdere duur koste.

Die hooggeregshof het in November ’n bevel uitgereik waarin ’n groepeis goedgekeur word weens die uitbreking, wat die deur geopen het vir verdere duur koste en ander aanspreeklikhede wat nog kan volg.

In ’n poging tot krisisbestuur het Tiger Brands R10 miljoen in voedseltegnologie en navorsingsgeriewe belê en selfs R1 miljoen om verbruikers by te staan wat by die groepsgeding wil aansluit, terwyl hy vinnig bygevoeg het dat sy besluit om dit te doen ’n “daad van welwillendheid” was en nie dui op enige erkenning dat hy iets verkeerd gedoen het nie.

MOMENTUM

Die versekeringsmaatskappy het nie homself of die sektor ’n guns bewys met sy weiering om vroeër vanjaar ’n doodseis uit te betaal nie.

Volgens Momentum het Nathan Ganas, wat vermoor is terwyl hy sy vrou teen kapers beskerm het, hoë suikervlakke gehad.

Kragtens die wet was Momentum daarop geregtig om die eis van die hand te wys wat deur Ganas se weduwee ingestel is, maar – soos wat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela opgemerk het – was die maatskappy eties op losse skroewe om dit van die hand te wys.

Die versekeringsmaatskappy het nie homself of die sektor ’n guns bewys met sy weiering om vroeër vanjaar ’n doodseis uit te betaal nie.

Momentum het later ingestem om R2,4 miljoen aan Ganas se weduwee uit te betaal en het voorts sy reëls verander om die volle sterftevoordeel uit te betaal in die geval van ’n geweldsmisdaad, ongeag wat die vorige mediese geskiedenis is.

Maar wat openbare betrekkinge betref, was Momentum se regsverdediging om nie die eis uit te betaal nie, ’n reuse flater.

Soos wat die adjunkdirekteurgeneraal van die tesourie, Ismael Momoniat, gesê het, het die voorval die band van vertroue tussen die gemeenskap en die lewensversekeringsbedryf verswak en sommige van die sinistere kunsies wat die sektor gebruik, openbaar gemaak, soos om te weier om te betaal omdat dit premies van mense invorder wat nie medies ondersoek is nie.

‘DAME DORITOS’

Indra Nooyi, uitvoerende hoof van PepsiCo

Ons het verlede jaar gewys op slegs een van die talle mislukkings wat deur ’n korporatiewe entiteit beleef word as hy sy sosiale boodskap verkeerd kry: dit was PepsiCo se gebruik van Kendall Jenner in ’n poging om openbare protes te kalmeer met die mag van ’n koeldrank wat aanlyn moraliste die swernoot in gemaak het.

“Ons het die teiken misgeskiet”, het die maatskappy gesê. Hy kon ewewel dieselfde gesê het nadat hy dit oorweeg het om ’n “Dame Doritos”-aartappelskyfie te ontwikkel.

Die produk was nooit ernstig ontwikkel deur PepsiCo nie.

Maar dit het nie aanvanlik so gelyk toe die pas uitgetrede uitvoerende hoof Indra Nooyi in ’n lukrake opmerking tydens ’n radio- onderhoud gesê het dat vroue “ . . . nie daarvan hou om te hard in die openbaar te kou nie”, en hulle wil ook nie “ . . . hulle vingers met te veel oorgawe lek nie” of selfs “ . . . klein gebreekte stukkies en die geursel in hulle mond afgooi nie”.

Die maatskappy het baie gou laat blyk dat daar geen plan was om ’n aartappelskyfie te maak wat nie te hard kraak en nie te veel geurstof het nie.

ESKOM

Geen lys van sakegemors sou volledig wees sonder een van die maatskappye onder die department van openbare ondernemings nie, en prontuit gestel, daar is so baie om van te kies.

Maar Eskom loop los voor omdat hy steeds glo dat hy homself uit sy huidge skuldkrisis kan kry deur handel te dryf.

Eskom se versoek aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) vir ’n 15%-tariefverhoging vir die volgende drie jaar volg in dieselfde jaar wat Nersa ingestem het tot ’n 4,1%-verhoging in die tarief wat Eskom in staat stel om R30 miljard in vier jaar terug te win.

Die argument teen die tarief is egter dat die sistemiese probleme wat veroorsaak is deur jare van politieke inmenging nie herstel kan word deur tariefverhogings nie.

Maar Eskom loop los voor omdat hy steeds glo dat hy homself uit sy huidge skuldkrisis kan kry deur handel te dryf.

Wat volgens Eskom se kritici benodig word, is ’n herstrukturering van die organisasie; moontlik iets soos wat die nuut aangestelde minister van finansies, Tito Mboweni, voorgestel het tydens sy mediumtermynbegrotingsraamwerk.

Dit is ’n verslapping in die ideologie wat tans private en openbare geld van mekaar skei; met ander woorde, privatisering.

Dit kan dalk wees soos om ’n rooi vlag voor die vakbondbulle te swaai, maar neem die feit in ag dat kragpryse met 350% gestyg het in die 10 jaar voor 2017 (vergeleke met inflasie van 74%) en mens kan sien waarom ’n uit-die-tronk-ontsnapkaart aan Eskom ten koste van nywerhede soos ’n hamerslag vir die skaars groeiende Suid-Afrikaanse ekonomie sal wees.

RESILIENT

Mark Stevens, uitvoerende hoof van Fortress

Die Resilient-groep van maatskappye wat Resilient self, Fortress, NEPI Rockcastle en Greenbay insluit, en wat teen die begin van 2018 sowat 40% van Suid-Afrika se genoteerde eiendomsektor beslaan het, het sowat R120 miljard in waarde verloor tydens ’n afverkoop van sy aandele in Januarie.

Sedertdien het tien van Suid-Afrika se grootste beleggingsbestuurders gevra dat die maatskappye ondersoek moet word vir binnehandel en dat die aandeelpryse in die maatskappye dalk gemanipuleer is.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor stel sedert Maart ondersoek in na die aantygings teen Fortress, maar tot op hede is daar geen aanduiding wanneer die verslag afgehandel sal wees nie.

Dit geskied teen die agtergrond van ’n slegte tyd vir Suid-Afrika se kommersiële eiendomsektor, waar ekonomiese nood huurders orals pyn verskaf.

Die bekommernis is dat die margedruk van 2018 weer volgende jaar herhaal kan word.

Intussen het Mark Stevens, die uitvoerende hoof van Fortress, aangekondig dat hy beplan om binne die volgende 12 maande af te tree.

Meer oor:  Finweek  |  Momentum  |  Eskom  |  Tiger Brands
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.