Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
2019: batebestuurders is positief
24 Januarie 2019

Veranderinge op die JSE

Daar het die afgelope maand of twee ’n belangrike verandering op die JSE voorgekom. Waar die persentasie aandele van die top100 uitgiftes (gemeet aan markkapitalisasie) bo hul langtermyn-gemiddelde, in Oktober ’n jaarlaagtepunt van 16% bereik het, is dit nou 46%.

Die herstel is in belangrike mate te danke aan middelslag- en kleinaandele. Klaarblyklik het die lae waardasies (dikwels winskope) kopers gelok. Dit is ook interessant dat 2019 afskop met goeie nuus rondom platinum-aandele.

Nie net is Impala Platinum die sterkste aandeel op die oomblik soos gemeet aan die persentasie wat hy bokant sy 200-daagse eksponensiële bewegende gemiddelde (EBG) lê nie, maar hy word ook onder die toptien sterkstes geselskap gehou deur Anglo American Platinum en Royal Bafokeng Platinum.

Die herstel is in belangrike mate te danke aan middelslag- en kleinaandele.

Dan was daar die voorblad-berigte oor Sibanye-Stillwater se sterk toename in sy verdienste uit sy produksie van platinum-groepmetale (PGM), in Amerika en in Suid-Afrika.

Dit het in sy eerste ses maande van die jaar op 74% van totale verdienste te staan gekom, wat in die derde kwartaal tot 85% opgeskiet het. Die vooruitsigte lyk ook goed.

Selfs sy plaaslike platinum-myne het goed gevaar, deels weens ’n swakker rand. Sibanye-Stillwater is dus nou hoofsaaklik ’n platinumgroep pleks van ’n sukkelende goudmyn-onderneming.

Dit is ironies dat toe die oorname van Stillwater in Desember 2016 aangekondig is, daar heelwat kritiek was dat Neal Froneman, die man wat die transaksie gedryf het, te veel vir Stillwater betaal het.

Daar is vooraanstaande beleggingsbestuurders wat glo dat platinum se oomblik dalk besig is om aan te breek – sommer nog vanjaar, deels omdat dit op die mark ingeprys sal word dat nuwe produksie in SA, onder meer weens die beplande oorname van Lonmin deur Implats, verminder gaan word.

Tans word hy geprys as ’n uitvoerende hoof wat slim opgetree het met die diversifisering van die destydse Sibanye Gold.

Daar is vooraanstaande beleggingsbestuurders wat glo dat platinum se oomblik dalk besig is om aan te breek – sommer nog vanjaar, deels omdat dit op die mark ingeprys sal word dat nuwe produksie in SA, onder meer weens die beplande oorname van Lonmin deur Implats, verminder gaan word.

Die koms van ’n nuwe jaar is altyd ’n tyd wanneer voorspellings gemaak word oor hoe sake op die aandelebeurs in die volgende 12 maande kan verloop.

Dit is opvallend dat daar heelwat optimisme heers dat die JSE beter gaan vaar as in die teleurstellende 2018. Die een groot donker wolk wat oor alles hang en deurgaans uitgelig word, is die Suid-Afrikaanse politiek.

Verkiesing in 2019

Die verkiesing in Mei en die hitte wat dit reeeds begin opwek, kan die mark benadeel, word gemeen. Groot batebestuurders wat positief is oor aandelepryse in die toekoms sluit in Allan Gray en Coronation.

Andrew Lapping byvoorbeeld, een van Allan Gray se voorste ontleders, is al ’n geruime tyd van mening dat Implats die potensiaal het om ’n wenner te word.

Ook John Biccard, bestuurder van Investec se waardefonds, steun die siening en is oorgewig in Implats.

Pieter Koekemoer, hoof van persoonlike belegging by Coronation, koester wat hy noem “hoër verwagtinge” vir Suid-Afrikaanse aandele oor die volgende paar jaar.

Dit is omdat waardasies tans baie laer is en die verdienstebasis van plaaslike aandele laag is.

Hy wys daarop dat vorige kere toe waardasies so laag gedaal het, soos met die finansiële krisis van 2008 en Nenegate in 2015 dit geleenthede geskep het vir voordelige beleggings.

Opwaartse potensiaal

Hy glo ook dat internasionale aandele wat op die JSE genoteer is, ’n beduidende opwaartse potensiaal het.

Coronation se eie aandeelprys het laas jaar met sowat 45% gedaal sodat hy tans negende staan onder die toptien swakste aandele.

Sou die mark verbeter, kan die aandele van beleggingsbestuurders soos hierdie en andere, soos versekeringsmaatskappye, wat nou gekoppel is aan die JSE-waardasies, sterk herstel.

Onder die aandele wat deurgebreek het, lyk Remgro en AVI belowend.

Albei word gesteun deur ’n opkikkering in die prys/volume-tendens wat gewoonlik op akkumulasie dui. Massmart en TFG lyk ook interessant.

  • Stuur terugvoer na terugvoer@finweek.co.za
  • Lucas de Lange is ’n voormalige redakteur van finweek en die skrywer van twee boeke oor belegging.
Meer oor:  Finweek  |  Jse  |  Batebestuurders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.