Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Amplats
7 Februarie 2019
Amplats se Tumela-platinummyn. Foto: Amplats

Anglo American Platinum (Amplats) is een van die wêreld se voorste primêre produsente van platinumgroepmetale. Amplats het bykans 80% van sy aandeelpryswaarde in slegs vyf maande verloor nadat hy ’n absolute hoogtepunt van 148 000 sent per aandeel in Mei 2008 getoets het.

Ondanks die feit dat hy rekordverdienste vir die ses maande geëindig 30 Junie 2008 behaal het, het beleggers gedros toe die lokoprys van platinum kwaai van ’n hoogtepunt van $2 273 per ons tot $763 per ons gedaal het.

Vooruitsig:

Met die lokoprys van platinum wat steeds om en by die laagtepunt van 2009 dobber, sukkel die meeste platinummyne om die storm te deurstaan, met party wat selfs hul deure sluit en werkers afbetaal.

Maar Amplats vaar oënskynlik beter as sy portuurgroep. In ’n Sens-verklaring in Desember, het Amplats gesê dat die groep verwag dat wesensverdienste per aandeel (WVPA) vir die jaar tot einde 2018 minstens 20% hoër sal wees vergeleke met die vorige jaar “weens ’n toename in die randmandjieprys en beter bedryfslewering in die maatskappy in die geheel”.

Op die grafieke:

Amplats het uitgebreek uit sy langtermyn- beertendens – ’n aanduiding van ’n algehele verandering in beleggersentiment.

Gaan lank:

Benewens die feit dat hy uit sy langtermynbeertendens gebreek het, het Amplats ook ’n positiewe uitbreking van ’n omgekeerde kop-en-skouers-patroon bokant 53 000 sent per aandeel getoon. Let daarop dat die drieweekse relatiewesterkte-indeks (RSI) oorkoop is en ’n terugsakking in die nabye toekoms kan ontketen nader aan 53 000 sent – wat nog ’n koopgeleentheid teen goedkoper vlakke as nou bied.

Die eerste nabye-termynteiken sal 60 950 sent wees, met die korttermynteiken van 83 100 sent. Die medium- tot langtermyndoelwit sal 148 000 sent per aandeel wees.

Gaan kort:

Amplats sal terug- keer na sy vorige beertendens benede 25 000 sent per aandeel – en dan moontlik verdere daling tot die belangrike steunpunt van 15 645 sent per aandeel ontlok – ’n beweging deur 29 880 sent per aandeel behoort waarskuwingseine te gee. 

Meer oor:  Amplats  |  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.