Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Aspen Pharmacare
13 September 2018

Aspen voorsien mediese produkte aan meer as 150 lande. Met ’n markkapitalisasie van R133 miljard, is hy een van die grootste farmaseutiese maatskappye in die Suidelike Halfrond. Hy het in Januarie aangekondig dat sy babamelkformule-handelsmerk, Alula, in China geregistreer is.

Dit baan die weg vir verkope in die wêreld se grootste babamelkmark. Aspen se resultate vir die jaar geëindig 30 Junie 2018, verskyn op 13 September ná ter perse gaan. Vooruitsig: ’n Lang positiewe lopie het gevolg ná laagtepunte in 2008 waar die aandeel 2 900 sent per aandeel getoets het.

Die aandeel het teruggesak vanaf ’n absolute hoogtepunt van 44 870 sent. Sedertdien sukkel hy om dié verliese ten volle te verhaal – terwyl hy kritiek bly afmaak oor onreëlmatige prysverhogings van generiese medisyne wat hy verkoop.

In sy langtermynbeertendens het Aspen steun op 23 360 sent per aandeel gehandhaaf. Sentiment verander dus en beleggers sien ’n toetreepunt. Op die grafiek: Aspen is op pad na die weerstandslyn van sy beertendens en die drieweekse indeks van relatiewe sterkte (RSI) toets tans sy eie weerstandstendenslyn.

Gerugte oor ’n moontlike vennoot vir sy babamelkformulesaak hou beloftes in vir beleggers.

Gaan lank:
Aspen sal sy beertendens bo 32 750 sent beëindig (’n goeie koopgeleentheid) met opwaartse potensiaal tot 44 870 sent. Posisies kan bokant 39 100 sent verhoog word.

Gaan kort:

As Aspen én die RSI (driemaandeliks) benede hul onderskeie tendenslyne omswaai, kan verkopers die aandeelprys tot by die belangrike steun op 23 360 sent terugrem – en ’n deurbreking op dié vlak, kan ’n skerp daling tot by die steuntendenslyn van sy primêre bultendens ontketen.

* Stuur 'n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Aspen Pharmacare  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.