Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Barloworld
21 Maart 2019
Barloworld
Barloworld

Dis interessant om berekeninge te doen om te sien watter JSE-genoteerde aandele voldoen aan Benjamin Graham se klassieke defensiewewaardemetodologie (hoofstukke 4, 5 en 15 van The Intelligent Investor).

Dié boek beskryf ook sy ondernemingsmetodologie, en die defensiewe metode is, soos die naam aandui, veiliger. Elemente in die defensiewe proses is die huidige verhouding, markkapitalisasie, dividend- en winsgeskiedenis, boekwaarde en uiteindelik die “Graham-verhouding”.

Slegs een aandeel het geslaag, met ’n waardasie van meer as R200. Graham se defensiewe metodologie soek betroubare aandele met bewese winsgewendheid, en Barloworld voldoen beslis hieraan.

Barloworld het plaaslike en buitelandse blootstelling en het onlangs effe skoon- gemaak deur ontslae te raak van die Iberian-saak. Hy het steeds voertuie, huur, verkope, vlootbestuur en logistiek, asook grondverskuiwings- en kragstelseltoerusting.

Dit is ’n moeilike sektor, maar dié maatskappy bly wins maak en is beslis ’n Suid-Afrikaanse aandeel. Die voordeel van Barloworld is dat hy veerkragtig is. Hy het voorheen baie moeilike toestande ervaar, en gehaltebestuur maak steeds wins en betaal dividende

Meer oor:  Barloworld  |  Finweek  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.