Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Bidcorp
25 Junie 2020

Bidcorp, een van die grootste voedselverspreidingsondernemings buite Amerika, het in April en Mei die uitwerking van Covid-19-verwante inperkings op sy inkomste getoon. Die maatskappy sê sy verkope het in die week tot 5 April tot 37% gedaal vergeleke met dieselfde week verlede jaar.

Bernard Benson, uitvoerende hoof van die internasionale voedseldienstegroep Bidcorp, met sy afsonderlike notering op die JSE in Mei nadat dit uit Bidvest ontbondel is.

In die week tot 31 Mei het die verkope tot 65% herstel, en teen 14 Junie tot 67% vergeleke met dieselfde week verlede jaar. Bidcorp waarsku aandeelhouers dat sy verdienste per aandeel vir die boekjaar tot 30 Junie meer as 20% minder as in die vorige boekjaar sal wees.

Vooruitsigte:

Bidcorp het in Maart saam met die wêreldwye Covid-19-verkope deur die steuntendenslyn van sy primêre stygtendens gebreek. Hy het ’n algehele laagtepunt van 17 100c per aandeel getoets en sedertdien die meeste van sy Covid-19-verliese verhaal.

Op die grafieke:

Bidcorp wankel op die weerstandtendenslyn (vroeër die steuntendenslyn van sy primêre stygtendens). Sy huidige herstel kan ’n terugkeer wees – wat ’n algemene omswaai ná ’n uitbreking na die uitbreekgebied is. Indien wel, kan Bidcorp weer terugsak. Indien nie, sal Bidcorp sy vorige stygtendens hervat.

Lang posisie:

Bidcorp sal sy vorige stygtendens bo 28 240c hervat en gevolglik ’n koopsein gee, maar sorg dat die 3W RSI deur sy daalhelling verhandel. Bidcorp sal in dié geval sy verliese na 32 400c verhaal. Bo dié vlak sal nog ’n koopgeleentheid voorkom omdat Bidcorp weer sy algehele hoogtepunt van 35 800c kan toets.

Kort posisie:

’n Daling deur 24 265c sal die derde fase van die terugkeer begin, wat verkope terug na steun by 21 485c kan veroorsaak. Die algehele laagtepunt van 17 100c kan met voortgesette dalings weer getoets word. 

  • Stuur ''n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Bidcorp  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.