Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Bidvest
16 Januarie 2020

Bidvest het onlangs die verkryging van die Britse higiënemaatskappy PHS vir net oor die R9 miljard bekendgemaak (lees ook bl. 18). Die aandeelprys het die afgelope vyf jaar met 144% gestyg en die laaste drie jaar met 17%. Hy verminder skuld deur niekernbates te verkoop.

Vooruitsigte:

Verwag op kort termyn dat aandeelpryswisselvalligheid tussen 22 500c en 17 200c sal voortduur. Namate die boonste en onderste hang van die driehoek egter saamloop, kan die verhandelingsbestek kleiner word. Die aandeelprys se rigting kan eers duidelik word as hy deur een van die hange breek. Die indeks van relatiewe sterkte vir drie maande daal net omdat die prysgrafiek sywaarts verhandel.

Op die grafieke:

Bidvest verhandel in ’n driehoek en het sy konsolidasie verleng nadat hy nie in November deur ’n plafon van 22 505c kon breek nie. Bidvest is ’n goed geoliede maatskappy met goeie kontantvloei en daarom oorheers ’n positiewe siening jeens die maatskappy.

Lang posisie:

’n Positiewe uitbreking deur die boonste hang sal bo 22 500c bevestig word, die regstellende langtermyn- patroon beëindig en dalk op kort tot mediumtermyn geleidelike stygings na 25 550c veroorsaak. Behou of begin ’n lang posisie (vergroot lang posisies) bo 22 500c. Die driehoek se uitbreekteiken is 33 400c.

Kort posisie:

’n Negatiewe uitbreking deur die driehoek se onderste hang sal onder 17 200c bevestig word. Steun by 14 650c en moontlik ook 12 640c kan getoets word. Verkoop wanneer die prys onder 17 200c sluit.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
/
/
Meer oor:  Bidvest  |  Finweek  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.