Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Bidvest Group
13 September 2018
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Bidvest Group, wat in 1988 deur Brian Joffe gestig is en in 1990 op die JSE genoteer is, het inkomste van R77 miljard vir die jaar tot 30 Junie 2018 verdien vergeleke met R71 miljard in die vorige jaar, met ’n handelswins van R6,5 miljard (R6 miljard in die vorige jaar).

Bidvest besit, of het ’n beduidende aandelebelang, in meer as 300 maatskappye. Hy het met ’n stewige opwaartse tendens handel gedryf wat in Mei 2016 ’n absolute hoogtepunt van 37 900 sent per aandeel bereik het toe Bidcorp uit Bidvest ontknoop is.

Voor die ontknoping, was Bidvest op een na Suid-Afika se grootste maatskappy volgens inkomste. Ná die ontknoping het Bidvest se aandeelprys tot 2009 se laagtepunt van 11 000 sent gedaal. Vooruitsig: Die aandeelprys is stadig besig om sy verliese na die terugsakking terug te wen.

Omdat sy bates hoofsaaklik Suid-Afrikaans is, is hulle aan die land se risiko’s blootgestel. Bidcorp, wat ’n goeie randverskanser is, steel tans Bidvest se glans.

Maar Bidvest is in ’n goeie posisie in die meeste markte waarin hy sake doen en dit lyk of hy die storm beter as ander Suid-Afrikaanse korporatiewe maatskappye trotseer wanneer die ekonomie druk ervaar. Op die grafiek: Bidvest verhandel tans in ’n bultendens. Hy het skerp tot sy steuntendenslyn reggestel, nadat hy ’n handelsverklaring uitgereik het oor sy prestasie vir die tien maande tot April 2018.

Gaan lank:

Bidvest herstel ná sy regstellende afwaartse tendens in die primêre bultendens. Hy moet prakties bokant 25 550 sent per aandeel verhandel om sy opwaartse tendens tot 33 650 sent voort te sit en die afwaartse neiging van Mei 2016 te stuit.

Opwaartse potensiaal tot 37 900 sent kan dan volg. Gaan kort: Die steunlyn van die bultendens sal onder 18 145 sent deurgebreek word. ’n Negatiewe deurbreking wat deur 16 625 sent bevestig word, kan ’n afverkoop terug tot 11 000 sent ontketen. 

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Moxima Gama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.