Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Capital Appreciation
4 Julie 2019
Simon Brown is die stigter en direkteur van die beleggingswebwerf JustOneLap.com en ’n kenner van die aandeelmarkte. In dié rubriek deel hy sy insigte in van die onlangse groot gebeure op die markte.

Capital Appreciation het sy lewe begin as ’n oorpryste spesialedoel-verkrygingsmaatskappy (SPAC) met ’n kontant- netto batewaarde (NBW) van ongeveer 80 sent per aandeel toe dit genoteer is.

Tog het dit teen ongeveer 120 sent verhandel, en ek het teen ’n koop op dié vlakke gewaarsku. Die aandeelprys staan nou op 80 sent. Terselfdertyd is dit nou ’n werklike onderneming wat in die euforiese finteg-spasie sake doen. Die groep het onlangs wesensverdienste per aandeel (WVPA) van 9,01 sent aangekondig wat hom op ’n prys/verdienste-veelvoud (P/V) van ongeveer nege keer en ’n dividend-opbrengs van 2,5% plaas.

Die onderneming is in ’n goeie posisie, is goed geprys en het kontant van meer as R600 miljoen, gelyk aan bykans 40 sent per aandeel. Die maatskappy het ’n terugkoop van aandele van ’n direkteur aangekondig.

Teen 80 sent per aandeel, sal die transaksie R196 miljoen kos, wat die kontant voorhande sal verminder asook die algehele getal aandele. En die aandele wat teruggekoop word, word natuurlik deur 40 sent in kontant gesteun. Vir diegene wat op soek is na blootstelling aan kleinkapitaalmaatskappye, lyk dié een goed vir die toekoms.

Die onderneming is in ’n goeie posisie, is goed geprys en het kontant van meer as R600m. gelyk aan bykans 40 sent per aandeel.

Dit is ’n mededingende ruimte waaroor baie bohaai gemaak word. Capital Appreciation het egter gesonde werksaamhede, kontant voorhande en ’n indrukwekkende direksie. 

Meer oor:  Finweek  |  Capital Appreciation  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.