Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele Mening: Capitec
10 Oktober 2019
Foto: Shutterstock

Capitec* se onlangse resultate vir die ses maande tot Augustus was uitstekend. Sowel die wesensverdienste per aandeel as die dividend het met 20% gestyg.

Die bank het nou 12,6 miljoen aktiewe rekeninge en het meer as 1 miljoen begrafnispolisse verkoop. Die bank se kredietverswakkingsheffing het gedaal, selfs al het hy meer geld uitgeleen.

Die koste-tot-inkomsteverhouding het soos verwag effens van 38% tot 40% gestyg. Ek verwag dat dit bestendig sal raak by die middel-40’s. Die syfers wys dat Capitec versigtig is vir wie hy leen, en dit werk, want die slegte skuld is nie buite perke nie – selfs in ’n moeilike ekonomie.

Capitec moet nog die Mercantile Bank-verkryging inskakel en dit sal in die komende jare verdere wins bydra. Die waardasie is egter hoog, met ’n prys-verdienste-verhouding (p/v) van sowat 25.

Die waardasie is egter hoog, met ’n prys-verdienste-verhouding (p/v) van sowat 25.

En daar is baie nuwe mededinging, veral deur Tyme Bank, wat vinnig rekeninge oopmaak (maar nog nie geld aan kliënte leen nie). Capitec bly ’n hoëgehalte- bank en as die aandeelprys na sowat R1 000 terugsak, sal ek my posisie vergroot. 

Meer oor:  Finweek  |  Capitec  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.