Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Clicks - Op die spits
30 Julie 2020
Clicks

Clicks-groep se aandeelprys het die afgelope vyf jaar meer as verdubbel, maar is nou byna dieselfde as ’n jaar gelede. Clicks het in April gesê hy gaan sy dividend opskort, al het die wins gestyg, in ’n poging om kontant te midde van die onsekerheid van die koronaviruspandemie te bewaar.

Vooruitsigte:

Hoewel sy aandeelprys teruggesak het tot die steunvlak van 20 250c per aandeel, verhandel hy steeds in sy primêre bulneiging en presteer steeds beter as die FTSE/JSE se indeks vir alle aandele.

Clicks het ’n gesonde balansstaat en genereer sterk kontantvloei, en omdat hy ’n indrukwekkende sakemodel en goeie uitbreidingsplanne vir sy voetspoor van apteke het, is hy ’n goeie defensiewe aandeel. Hy is egter nie sonder uitdagings in sy bedryfsomgewing nie.

Op die grafieke:

Clicks se aandeelprys het tot die tweede ondersteuningstendenslyn van sy primêre bulneiging gedaal en daar gebons. As hy nie uit sy korrektiewe beertendens kan breek nie, kan hy op mediumtermyn verder daal.

Gaan kort:

As weerstand teen 22 220c per aandeel ondervind word – en ’n nuwe dalende toppunt vorm – kan Clicks sy tweede ondersteuningstendenslyn (swart stippellyn) weer toets – en daar deurbreek. ’n Negatiewe deurbreking, tesame met die 3-weke relatiewe sterkte-indeks (3W RSI) wat in beerterrein bly, sal onder 18 550c bevestig word.

Dit kan verliese tot 16 915c of selfs die steunvlak van 15 250c op mediumtermyn verleng.

Gaan lank:

Bo 22 220c sal die regstelling vir Clicks eindig. Dit is egter noodsaaklik dat die 3W RSI dit moet volg deur uit sy eie beerneiging te ontsnap – en sodoende ’n moontlike valse deurbreking op die prysgrafiek weerstaan. Hierdie dubbele buldeurbreking kan dan ’n herstel tot die ongeëwenaarde hoogtepunt van 27 470c veroorsaak. As daar nie weerstand op daardie vlak teëgekom word nie, sal Clicks ’n nuwe bulfase begin.

Meer oor:  Finweek  |  Clicks  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.