Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Coronation
6 Desember 2018
Coronation
Coronation

Ek het meer as ’n jaar gelede van Coronation gehou toe dit ongeveer 6 000 sent per aandeel was. En noudat dit laer as 5 000 sent per aandeel is en met ’n dividend-opbrengs van meer as 9% hou ek nog meer daarvan. In sy resultate vir die jaar tot 30 September was sy wesensverdienste per aandeel (WVPA) en dividend 4% laer, terwyl bestuurde bates (BB) ook laer was. Uitvloeiings het waarskynlik tog afgeneem.

Dit was ’n moeilike jaar vir die onderneming, maar die prys weerspieël veel moeiliker toestande en bied eintlik baie goeie waarde. Die dividend-opbrengs self is ’n goeie syfer om te verdien om die aandeel te besit, terwyl sy markkapitalisasie tot BB ook op ’n historiese laagtepunt is.

Met ’n markkapitalisasie van ongeveer R17 miljard en BB van R587 miljard gee dit ons ’n verhouding van 2,9%, terwyl die gemiddelde 3,5% tot 4,5% is. Dus is dit ’n redelike diskonto op die gemiddelde. Batebestuur, en Coronation, gaan nie verdwyn nie.

Hoewel swak plaaslike markte en verbruikers wat onder druk verkeer hom swaar getref het, is dié gebeure nie permanent nie. Wanneer sake begin verbeter, sal Coronation se BB weer toeneem wat sal lei tot hoër wins en uiteindelik ’n hoër aandeelprys. 

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Coronation
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.