Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Dis-Chem - dalk te goedkoop?
30 Julie 2020
dischem
Dis-Chem says during the lockdown, its retail revenue tanked 21% in April.

Met ’n aandeelprys wat die afgelope drie jaar met byna 40% geval het, sit Dis-Chem nou ook met ’n boete van die mededingingskommissie. Dié owerheid het die groep met R1,2 miljoen beboet omdat hy buitensporige pryse vir chirurgiese maskers gevra het en die verhoogde vraag weens die koronavirus-pandemie uitgebuit het. Op ’n ligter noot het die groep in Mei ’n 12%-styging in omset tot R24 miljard vir die volle jaar aangekondig danksy ’n sterk kleinhandelsegment.

Vooruitsigte:

Dis-Chem toets algehele laagtepunte.

Met apteke wat noodsaaklike diensverskaffers is, sou ’n mens dink sy aandeelprys sou tydens die pandemie goed vaar. Met sy prys-tot-verdiensteverhouding, wat ’n aanduiding gee van die premie wat die mark op die aandeel se verdienste plaas, op ’n redelike 24,4 en die aandeelprys op ’n laagtepunt, kan ’n herstel in die prys ’n goeie koopgeleentheid wees.

Op die grafieke:

Dis-Chem se aandeelprys verhandel in ’n beertendens wat oor die jare skerp toegeneem het. Hy toets tans die onderste helling van ’n beerkanaal wat binne sy primêre beertendens gevorm het. As hy hier bons, kan dit kopers lok.

Gaan lank:

’n Beweging bo 2 000c sal ’n positiewe deurbreking van die derde steil beertendens bevestig – ’n geleentheid om aan die aandeel te peusel. Opwaartse potensiaal tot die vlak van 2 350c of die boonste helling van die kanaal kan volg. ’n Positiewe deurbreking van die kanaal sal bo 2 830c bevestig word, wat ’n styging tot 3 090c kan dryf. Dis-Chem sal sy primêre beertendens bo 3 500c verlaat, en die algehele hoogtepunt van 3 995c kan dan weer getoets word.

Gaan kort:

Vermy dit om met voortdurende afwaartse potensiaal deur die onderste helling van die kanaal of onder 1 670c lank te gaan. Die afwaartse neiging kan verder tot 1 000c daal.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Dis-Chem  |  Finweek  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.