Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Distell - Van huildronk tot heildronk
4 Junie 2020

Distell produseer en bemark spiritualieë, wyn, sider en gereed- om-te-drink-produkte. Van die handelsmerke wat hy produseer, is onder meer Hunter’s Dry, Nederburg, JC Le Roux en Klipdrift.

Toe die verbod op alkoholverkope ingestel is, het Distell aandeelhouers gewaarsku sy wins sal waarskynlik met 80% tuimel. Verlede week het die maatskappy op ’n veel ligter noot aangekondig die verslapping van regulasies vir landbou-uitvoer op vlak 4 van die staat van inperking, stel hom in staat om bestaande bestellings ter waarde van R440 miljoen te verwerk.

Toe die verbod op alkoholverkope ingestel is, het Distell aandeelhouers gewaarsku sy wins sal waarskynlik met 80% tuimel.

President Cyril Ramaphosa het op 24 Mei gesê die regering beoog om sy omstrede verbod op drankverkope vir tuisverbruik vanaf begin Junie op te hef – Distell se aandeelprys het op 25 Mei met 6% gestyg.

Ofskoon die maatskappy in ’n handelsverklaring vroeër vandeesmaand genoem het sy verdienste vir die jaar tot einde Junie sal waarskynlik tot 65% laer wees, is dié syfer heelwat beter as die 80% wat hy oorspronklik voorsien het.

Verhandel hom só:

Distell verhandel tans sywaarts op tussen 8 500c en 6 500c per aandeel. Weerstand op 8 500c het die afgelope maand voorgekom. Die aandeel het gedurende die grendeltydperk tot 6 000c gedaal, ’n algehele laagtepunt. Nou vorm die prys telkens hoër laagtepunte op pad na die weerstandvlak van 8 500c – ’n teken van toenemende koopaptyt.

Breek hy deur dié vlak sal dit ’n goeie koopteken gee, met opwaartse potensiaal tot 10 510c. Bly lank bokant dié vlak, want 12 380c is die volgende weerstandsvlak. Met sterk weerstand op 8 500c, kan verkopers die prys weer tot op 6 500c terugdruk. Breek hy afwaarts daardeur, kan hy opnuut sy algehele laagtepunt op 6 000c toets.


Meer oor:  Finweek  |  Distell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.