Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Exxaro Resources
29 Augustus 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Exxaro Resources het in 2010 ’n bestendige bultendens van ’n laagtepunt van 4 345 sent per aandeel begin, maar nadat hy in April 2012 ’n hoogtepunt van 19 655 sent per aandeel getoets het, is alle winste verloor.

Die aandeelprys het erg geval toe ystererts- en ander grootmaatkommoditeitspryse in 2014 verswak het.

Vooruitsigte: Exxaro het in 2017 uit sy 5-jaarbeertendens gebreek toe ’n styging in uitvoerpryse sy steenkoolbesigheid aangehelp het. Resultate vir die ses maande tot 30 Junie verskyn op 22 Augustus, ná finalisering van hierdie uitgawe van finweek.

Op die kaarte: Exxaro het die meeste van sy vorige verliese herwin en het byna sy hoogste prys ooit, 19 655 sent, getoets.

Gaan kort: Exxaro huiwer tans op die onderste helling van sy bulkanaal. Hy kan daar spring, soos hy voorheen al gedoen het. So nie, kan hy verder tot 12 330 sent per aandeel daal.

’n Negatiewe uitbreking sal onder daardie vlak bevestig word – ’n verkoopsein wat moontlik tot afverkope tot die volgende ondersteuning op 9 330 sent kan lei. Voortgesette afwaartse potensiaal kan meebring dat Exxaro ’n vorige laagtepunt op 7 590 sent per aandeel weer toets.

Gaan lank: Met die relatiewe sterkte-indeks van drie weke (3W RSI) in oorverkoopte terrein, sal ’n herstel bo 15 000 sent beteken dat Exxaro tot op die onderste helling gespring het en ’n koopgeleentheid bied. In dié geval, verwag opwaartse potensiaal tot die weerstandsvlak van 18 345 sent per aandeel.

Exxaro kan selfs weer sy ongeëwenaarde hoogtepunt van 19 655 sent per aandeel bereik. 

Meer oor:  Finweek  |  Exxaro Resources  |  Aandele Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.