Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Famous Brands
25 Junie 2020

Famous Brands, wat plaaslike franchises soos Steers en Wimpy besit, het laat in Mei verbeterde wins vir die jaar tot Februarie verklaar. Die uitwerking van die Covid-19-pandemie en inperkings in Suid-Afrika en Brittanje het die groep se inkomste sedertdien verklein.

Mugg & Bean is ook deel van Famous Brands. Foto: Verskaf

Hy het het sterk opgetree om besighede vaartbelyn te maak, koste te sny, en kontant te bewaar. “Dit sluit in die opskorting van bedryf- en kapitaalbesteding, verligting vir franshisenemers in die vorm van die tydelike uitstel van betalings (van skuld voor die inperking) en verminderde tantieme en tariewe ná die inperking, onderhandelings met banke en eiendomseienaars, tydelike strategiese buitediensstelling van dele van die onderneming wat nie in die inperkingbeperkings mag werk nie, en ’n beperkte uitdiensstelingprogram waar alle ander opsies uitgeput is," volgens sy finansiële state.

Vooruitsigte:

Famous Brands het in Augustus 2017 deur sy langtermyn-stygtendens se steuntendenslyn gebreek en in ’n daaltendens in die vorm ’n dalende wig verhandel. Sy aandeelprys het gedaal nadat dit deur die onderste helling van die wig verhandel het, en ’n laagtepunt van 1 950c per aandeel getoets. Dit het sedertdien bo dié vlak gebly en herstel nou.

Op die grafieke:

Nadat Famous Brands ’n hoër laagtepunt van 3 195c aangeteken het, en met die drieweekse indeks van relatiewe sterkte (3W RSI) wat deur sy mediumtermyn-daaltendens se weerstandtendenslyn gebreek het, kan hy ’n nuwe stygtendens begin as nog ’n stygende laagtepunt bo 3 195c gevestig word.

Lang posisie:

Voortgesette stygings bo 4 500c sal ’n goeie koopkans bied, met stygpotensiaal na 6 750c. Vergroot lang posisies as die prys deur 7 500c skiet, want weerstand kan dan by 9 050c getoets word. Bo dié vlak sal daar deur die wig se boonste langtermyn-helling gebreek word, met ’n geleidelike herstel na 14 025c.

Kort posisie:

Vermy ’n lang posisie as Famous Brands by 3 195c ingee, want sy aandeelprys kan na sy vorige laagtepunt van 1 950c terugval.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Aandele Mening  |  Famous Brands
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.