Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Growthpoint
21 Maart 2019

Growthpoint Properties is ’n beleggingsbeheermaatskappy vir gediversifiseerde eiendom.

Hy bestuur vyf eiendomsegmente, waaronder kleinhandel, kantoor, nywerheid, V&A Waterfront en Growthpoint Properties Australia. Sy aandeelprys het in Maart 2018 veld verloor en 40% van sy waarde ingeboet, nadat ’n hoogtepunt van 3 150 sent per aandeel getoets is. (Dit was in ooreenstemming met die res van die sektor; die indeks van genoteerde Suid-Afrikaanse eiendom (SAPI) het sy swakste kalenderjaaropbrengs sedert sy ontstaan in 1993 aangeteken.)

Vooruitsig:

Growthpoint behou stewige steun op 2 200 sent. Teenoor sy eweknrieë in die huidige beermark het hy uitstekend gevaar, danksy sy belegging in Australië in 2009, genoteer as Growthpoint Properties Australia (GOZ).

Wat die grafieke sê:

Growthpoint het in Januarie vanjaar deur die weerstandslyn van sy herstellende beertendens gebreek. Gaan lank: Growthpoint het verlede maand bokant 2 565 sent ’n positiewe uitbreking uit sy herstellende beertendens bevestig. Omdat die 3W RSI egter oorkoop was, het sy aandeelprys teruggesak.

Bly steun ferm op 2 360 sent, behoort hy weer deur 2 565 sent te verhandel om ’n goeie koopgeleentheid te bied, met ’n moontlike styging tot 2 850 sent per aandeel. Voortgesette koopbelangstelling bokant 2 850 sent kan Growthpoint weer sy allerhoogtepunt op 3 150 sent laat toets.

Gaan kort:

'n Daling deur 2 360 sent kan die aandeel tot op 2 220 sent laat afverkoop. Spring hy nie daarvandaan terug nie, kan die prys daal tot op die primêre bultendens se steunlyn (die vet swart tendenslyn) – wat tot Oktober 2004 terugdateer.

’n Negatiewe uitbreking uit die opwaartse tendens sal onderkant 1 795 sent bevestig word.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Growthpoint
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.