Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Kumba Iron Ore
4 Julie 2019

Kumba Iron Ore, ’n lid van die Anglo American-groep, se aandeelprys het in 2013 ’n hoogtepunt van 61 955c per aandeel beleef.

Kumba se reusagtige Sishen-ysterertsmyn in die Noord-Kaap.Foto: Verskaf

Kort daarna het hy omgekeer en al die winste is verloor – deels weens lae volumes by sy Sishen-myn in daardie stadium. Ysterertspryse het ook in 2014 gedaal, en toe ystererts in Desember 2015 ’n nuwe laagtepunt van $38 per ton bereik het, het

Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Kumba lae pryse van 2 500 sent per aandeel (in Januarie 2016) getoets.

Vooruitsig: Kumba het op 2 885 sent per aandeel gehou en in Maart 2016 uit sy langtermyn-beertendens gebreek. Hy verhandel nou in ’n bulkanaal wat op die mediumtermyn sy ongeëwenaarde hoogtepunt van 61 955 sent per aandeel kan bereik, as die kanaal voortduur.

Op die grafiek: In Mei het Kumba aangekondig dat hy stewige verdienste vir die ses maande tot einde Junie verwag nadat hoë ysterertspryse en ’n swak wisselkoers hom gebaat het.

Sy aandeelprys het ’n hoogtepunt bereik. Tussentydse resultate vir die ses maande tot einde Junie verskyn op 23 Julie.

Gaan lank: Kumba nader die boonste helling van sy bulkanaal. Maar omdat hy ’n paar keer nie kon deurbreek nie, kan hy dalk weer misluk. Steun bo 41 490 sent per aandeel sal egter die kanse van ’n deurbreking verbeter en ’n steiler opwaartse tendens na 61 955c per aandeel begin.

Gaan kort: ’n Ommekeer onder 39 485 sent per aandeel kan veroorsaak dat Kumba verder val na die vlak van 32 515 sent of die onderste helling van die kanaal. Verminder lang posisies onder 39 485 sent.

’n Negatiewe deurbreking uit hierdie kanaal sal onder 24 410 sent bevestig word – en ’n verkoopsein wees. 

Meer oor:  Finweek  |  Kumba Iron Ore  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.