Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Kumba Iron Ore
21 Mei 2020

Kumba Iron Ore, wat Sishen bedryf – die grootste oopgroefmyn in Afrika – het die mark teen einde April laat weet weens die wêreldwye koronaviruspandemie wil hy op kontantbewaring konsentreer.

Die maatskappy het sy riglyne vir die produksie en verkope van ystererts vir vanjaar tot onderskeidelik tussen 37 miljoen ton en 39 miljoen ton, en 38 miljoen en 40 miljoen ton teruggesnoei. Die mikpunt is ’n kostebesnoeiing van R325 miljoen en uitgestelde kapitaaluitleg van R1 miljard. Dit volg op ’n daling van 3% in verkope ná ’n halvering in plaaslike vraag.

Wat die grafieke sê:

Kumba het uit sy langtermyn-bulkanaal gebreek, gedryf deur ’n enorme afverkoop in die mark weens vrese oor die Covid-19-pandemie in Februarie. Die daling het tot op 20 525c per aandeel voortgeduur, maar teen middel Februarie het die aandeelprys herstel nadat Kumba ’n styging van 62% tot R33,4 miljard in sy voljaar-verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie (ebitda) aangeteken het.

Wat om te verwag:

Kumba se aandeelprys huiwer tans op die laer helling van sy langtermyn- bulkanaal. Met die drieweekse relatiewesterkte-indeks (3W RSI) effens oorkoop, kan verkopers weer na vore tree. Bly steun egter op 32 515c of bokant 30 970c, sal dit ’n positiewe teken gee.

Gaan lank:

’n Voortgesette styging bokant 37 510c sal ’n koopgeleentheid bied, want dan het die aandeelprys sy kanaal hervat en is die weerstandstendenslyn van sy regstellende mediumtermyndaaltendens – wat binne die kanaal gevorm het – deurbreek. Lang posisies kan bokant 43 700c aangevul word, met ’n moontlike styging tot 53 900c of selfs tot by 61 955c, sy allerhoogste vlak.

Gaan kort:

Weerstand op 37 510c en steun wat op 30 970c meegee, sal beteken Kumba sukkel om sy bulkanaal te hervat – en dat die huidige styging bloot ’n terugkerende beweging was, waarna Kumba weer sal terugsak tot by steun op 20 525c en selfs laer.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Kumba Iron Ore  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.