Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele mening: Life Healthcare
4 Julie 2019
www.lifehealthcare.co.za

Life Healthcare Group se aandeelprys verhandel in ’n beerkanaal sedert hy in 2015 uit sy bultendens gebreek het. Hy het in April vanjaar benede belangrike steun op 2300 sent per aandeel verhandel nadat aandeelhouers gewaarsku is dat genormaliseerde verdienste met tussen 7% en 12% sal daal en dat verdienste per aandeel met tussen 50,1% en 60,1% sou afneem.

Hoewel hy daarin geslaag het om sommige van sy verliese van dié terugsakking te verhaal, het hy steeds nie die impetus om hom uit die beerkanaal los te wikkel nie.

Hoewel die maatskappy hom weg van Suid-Afrikaanse hospitale gediversifiseer het (byvoorbeeld, deur verkrygings in Brittanje, Pole, Ierland en Indië), het gesondheidsgroepe prysdruk en regulerende beperkings in die buiteland ervaar.

Hoewel die maatskappy hom weg van Suid-Afrikaanse hospitale gediversifiseer het (byvoorbeeld, deur verkrygings in Brittanje, Pole, Ierland en Indië), het gesondheidsgroepe prysdruk en regulerende beperkings in die buiteland ervaar.

Die groep het winsgewendheid verbeter sedert Shrey Viranna in November 2017 as uitvoerende hoof oorgeneem het. Die maatskappy se aandeelprys het egter voortgegaan om vorige laagtepunte te toets.

Die maatskappy hersien steeds sy werksaamhede in die buiteland en het aan die einde van Junie aangekondig dat hy R33,7 miljard verkry het met die verkoop van sy 49,7%-belang in Max Healthcare Institute aan Radiant Life Care in Indië.

Hoe om dit te verhandel:

Life Healthcare verhandel tans benede ’n belangrike steunvlak wat hy sedert September 2017 handhaaf.

Die oorkoopte drieweekse relatiewesterkte-indeks kan egter tot sy redding kom. Maar indien Life Healthcare nie daarin slaag om tot bokant 2535 sent per aandeel te herstel nie, kan hy weer tot 2300 sent daal en op kort termyn steun op 1685 sent teiken.

Andersins sal Life Healthcare bokant 3055 sent per aandeel moet verhandel om uit sy beerkanaal te breek en die vorige hoogtepunte naby 4450 sent te toets.

Meer oor:  Finweek  |  Life Healthcare  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.